Birkenhead se 164ste

Birkenhead se 164ste

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vanjaar was dit die 164ste Herdenkingsdiens by Danger Point van die HMS Birkenhead Troepeskip, wat weer deur Gansbaai Toerisme gereël is. ‘n Groepie dapper mense het die reën trotseer, waarvan die meeste sopnat gereën het, met ‘n paar wat onder sambrele kon skuil.

Ondanks die reënweer, is daar met die program voortgegaan, alhoewel dit vinniger afgehandel is. Brenda du Toit, voorsitter van Gansbaai Toerisme Komitee het die verwelkoming behartig. Rdl Dudley Coetzee het in die plek van Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, ‘n agtergrondskets oor die sinking van die Troepeskip gegee. Die gedig, The Loss of the Birkenhead, is deur ‘n leerder van Academia in gietende reën voorgelees. Die gebruiklike Prayer of Intercession for Seafarers is deur dr Robert Johnson voorgehou, nadat hy ‘n kort boodskap gebring het.

Ongelukkig is die gereelde vooraf bootritte na die Birkenheadrots na die volgende dag as gevolg van gure weersomstandighede uitgestel. Wilfred Chivelle het vanjaar weer sy twee bote, Dream Catcher en Slashfin beskikbaar gestel, met groot waardering teenoor hom. 

Die tragedie van 25 Februarie 1852:

Gedurende Januarie 1852 het die HMS Birkenhead (Engelse Troepeskip) vanaf Portsmouth na Ierland vertrek en daarvandaan na Simonstad, Suid-Afrika in ‘n vaart van 50 dae. Die Kaapse Goewerneur, Sir Harry Smith was in ‘n grensoorlog gewikkel en het dringend op troepe-versterkings gewag. Om 06:00 die oggend van 25 Februarie 1852 vertrek die HMS Birkenhead vanuit Simonstad, met Seeman Thomas Coffin agter die stuur, Kaptein Robert Salmond as skeepskaptein en Kaptein Edward Wright en Lt.Kol Alexander Seton as bevelsoffisiere. Bykans 700 mans, vroue en kinders was aanboord, asook 9 perde (na oorlewering). Die nagtelike ure het aangebreek en dit was donkermaan met ‘n stikdonkerte wat die boot omhul het.

Teen ongeveer 2 uur die oggend van 26 Februarie 1852 tref die HMS Birkenhead die spits van die nou bekende Birkenhead-rots naby Danger Point. Die rots was destyds ongekarteerd en Kapt Salmond was dus onbewus daarvan. Binne sowat 20 angsvolle minute was alles verby en het die boot gesink. Die woorde van Kaptein Salmond se bevel tydens die tragedie is later in die geskiedenisboeke verewig: “Women and children first”! Sowat 350 soldate, 8 vlootoffisiere en 60 seemanne het verdrink. Slegs 193 het die ramp oorleef, ingesluit die 7 vroue en 13 kinders, waarvan 3 baba’s was wat gedurende die vaart gebore is.

Hardus Botha

Birkenhead se 164ste

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles