Trap water, dryf, moet net nie swem nie!

Trap water, dryf, moet net nie swem nie!

Gansbaai Courant

My ma was erg akwafobies.  As kleuters was ons stêre kwalik onder water as ons gebad het.  Ons mag nooit met water gespeel het nie, want ‘n kind kan in ‘n piering met water verdrink.  By die see het sy met haar rok aan plat op die nat sand saam met ons kastele gebou, nooit sonder die haarnet om haar hare te pantser teen die seelug en sproeiwind nie.  Soos ons groter geword het, was ons tot die watersoom toegelaat waar Pappa met sy visstok gestaan het.  Elke jaar het ons ‘n duim dieper in die water gevorder, eers tot by die enkels, toe tot by die kuite,  tot by die bobene, tot by die lieste en uiteindelik tot by ons middellywe. Maar toe gaan Pappa dood en ons was weer soos visse op droë grond.  Totdat ons halsstarrig geraak en skelmpies saam met vriende se kinders leer swem het in hulle leidam, terwyl Mamma by die werk was. Toe die aap uit die mou gelaat was, het sy een asemsnak gegee, haar keel vasgegryp en na ‘n paar sekondes van stilte, ons lewens in die hande van haar boesemvriendin gelaat, solank as wat niemand verwag het dat sy dit moes aanskou nie. Eers toe ons heeltemal watervaardig was, is sy genooi om te kom kyk en amper histeries geraak toe ek eenkant van die dam onder die water wegraak en aan die anderkant eers weer bo die water te voorskyn kom.

Ons kon selfs klippe onder op die boom van die dam uitduik. Ons kon swem! In ‘n leidam! Dit was net so goed as wat dit is om ‘n bestuurslisensie te kry; dis net die begin van die eintlike leerproses. As vergoeding vir ons prestasie word ons een Sondag op ‘n uitstappie na Hermanus trakteer waar ons in die Riviera Hotel se blou swembad gaan swem, uitgedos in ons eerste gekoopte baaikostuums. Myne was bloedrooi met wit kant om die hals-en ruglyn. Hierdie swembad was egter so groot dat ons met ons leidamfiksheid te bang was om breedte van die bad aan te durf. Ons het maar so oorhoeks geswem en aan die rand gehang na die diep kant toe. Ons kon swem, maar het nog niks geweet van dryf of watertrap nie.  Ons het ons self geleer, by wyse van die voorbeeld van swemmers in die African Mirror voorprente in die bioskoop en hulle het nooit gedryf nie. Hoe die meisiekinders die pragtige waterballet gedoen het, was ‘n enigma. Dié dag op Hermanus het daar ‘n ou oom op sy rug in die water gelê, sy arms gesper. Ek was bang die oom was dood, maar nee, vertel die grootmense my, hy dryf. Na vier of vyf slukke water – daar was gelukkig nie dooie muise en rotte soos soms in die leidam nie – het ek dit baasgeraak. Watertrap het ek desnoods ontdek toe ‘n hoogwaterbrander my van die agterste muur van L’Agulhas se swembad afgeslaan het en die tweede een my getref het voordat ek behoorlik in ‘n posisie was om aan’t swemme te kon kom. Óf  dit óf desdoods, verstik aan soutwater. Vandag is ek dankbaarbly dat ek kan dryf en watertrap, want dit is die enigste reddingsgordel wat die lewe mens aanbied. Dis stormwater daarbuite. Ewige hoogwater, dag-en-nag-ewening, tsunami. Rof.  Uit die Parlement uit sê hulle: “Trek julle belte stywe” terwyl die banke en geldleners nooi: “Kom kry vir julle krediet, ons keur ‘n lening binne 24 uur goed.” Ou skuld en administratiewe en finansiële wanbestuur klap menige mense tussen die blaaie.  

Mense verloor hulle inkomste op ‘n daaglikse basis en die wat gelukkig is, beding of word ‘n pakket aangebied. Dit gebruik hulle om ‘n nuwe besigheid te begin, sonder behoorlike navorsing en beplanning. Niemand lees vir hulle die fynskrif nie. Eerstens moet jy jouself kan verkoop voordat jy kan dink om jou produk te verkoop. Tweedens moet jou kapitaalput diep genoeg wees om vir drie jaar net uit te skep, want dit is hoe lank dit vir ‘n nuwe besigheid neem om op sy voete te kom en te begin wins toon. Trap water, ou! Dryf! Dis nie swemwater dié nie. 

Carine Badenhorst

Trap water, dryf, moet net nie swem nie!

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles