Deel dit asseblief met my

Deel dit asseblief met my

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ek het die aand voorsien dit gaan ‘n besonderse sons-ondergang wees. Ek het skryfgoed gereed gehou en in die sitkamer gemaklik gaan sit en die see ‘n rukkie dopgehou voor die toneel voor my afgespeel het.

Die leser moet asseblief baie, baie rustig verkeer en nie verder lees voordat hy nie self gemaklik ingerig is nie. Neem dan ‘n drankie en neem net een slukkie daarvan. Lees nou baie stadig, woord vir woord en terwyl die toneel voor jou afspeel, skilder die prentjie in jou gedagtes. Waardeer die see, die sonsondergang en die voorreg om dit alles te kan belewe. Die bewoording is presies soos ek dit daardie tyd weergegee het 

--  ek moet dit eenvoudig probeer deel.

Die see is een groot wonder. Jy sit rustig in jou gemaklike stoel en bewonder die toneel wat jy deur die glas van die skuifdeur waarneem. Wanneer die son besig is om agter die horison weg te sak en die wolke daardie asemrowende mooi oranje kleur vertoon, dwaal jou oë outomaties na die berge. Hulle word omvou deur ‘n amperse mistigheid. Die see strek eindeloos voor jou uit. Dit lyk asof die son gaan sak het tussen die twee berge, maar die gloed bereik steeds die res van die bergreeks. Die vlieswolkies wat plek-plek agter die berge wegkruip vertoon helder oranje aan die sonkant, wit bo en aan die ander kant, ‘n donkerder kleur. Daar is ‘n helder strook blou lug sigbaar tussen die oorhangende wolke en die berg, en jy wonder hoe ver die heelal strek. Die see self is rustig en roer net-net. ‘n Swerm seevoëls vlieg, blykbaar eindeloos, laag oor die water. Die ligte windjie wat die plante daarbuite roer, voel jy nie. Die dankbaarheid omvou jou.

Dankie aan Hom en dankie vir die meelewe.

Terug na die werklikheid: Daar word nog baie makriel gevang in water wat baie lyk na rooigety (en dit lyk al erger!). Die res van die vangste is bra wisselvallig maar geelbek word sporadies by die Eiland aangekeer. Baie groete, Seemeeu

Deel dit asseblief met my

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles