Laerskool Gansbaai maak weer eens SKOONSKIP

Laerskool Gansbaai maak weer eens SKOONSKIP

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die jaarlikse LitNum toekennings, waar skole erkenning kry vir hul goeie prestasies in Wiskunde en Tale in Graad 3, 6 en 9 het op Vrydag, 11 Maart, in Caledon plaasgevind.  LitNum-toetse word jaarliks in September/Oktober deur ‘n onafhanklike paneel van buite by alle skole in die Wes-Kaap afgeneem.  Dit is gestandaardiseerde toetse waarby geen onderwyser enige insae het nie.

Die streek waarin Laerskool Gansbaai kompeteer, sluit skole in van Swellendam, Villiersdorp, Grabouw, Kleinmond, die hele Walkerbaai tot by die Suidpunt, sowel as Bredasdorp-skole.  Dit is ‘n groep van ongeveer 90 laerskole.

Laerskool Gansbaai se Graad 3’s het weer eens skoonskip gemaak in Tale sowel as Wiskunde en het vir beide afdelings eerste plekke behaal.  Die Graad 6-groep van 2015 moes egter vir die eerste keer in 3 jaar tevrede wees met ‘n 2de plek in Wiskunde, nadat hulle net-net geklop is deur Laerskool Kleinmond.

Dit is die 3de agtereenvolgende jaar dat Laerskool Gansbaai hierdie prestasies behaal! Vir hierdie volgehoue prestasies die afgelope drie jaar, het Laerskool Gansbaai weggestap met eersteplek trofeë vir Volgehoue Beste prestasies in Wiskunde en Tale in Graad 3, asook Volgehoue Beste prestasie vir Wiskunde Graad 6 vir die afgelope 3 jaar.   ‘n Totaal dus van 6 trofeë vir ’n Eerste plek en 1 trofee vir ’n Tweede plek. 

Laerskool Gansbaai is BAIE trots op hulle leerders wat hul kant gebring het in 2015 met hierdie puik prestasie.

Graad 3

Wiskunde (LSG) 100%
Tale (LSG) 92%
Wiskunde (Streek) 58%
Tale (Streek) 42%

 Graad 6

Wiskunde (LSG) 88%
Tale (LSG) 63%
Wiskunde (Streek) 38%
Tale (Streek) 37% 

Annette Wessels

Laerskool Gansbaai maak weer eens SKOONSKIP

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles