Vingerwysing

Vingerwysing

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

As kinders is ons geleer om nooit ‘n vinger na iemand te wys nie; dit is net so erg as om ‘n vuurwapen se loop op iemand te rig.  So ‘n eenvoudige lerinkie, maar met ‘n waarheid groter as wat ‘n mens regtig besef.  Dink daaroor:  wanneer wys ‘n mens mens met jou wysvinger na ‘n persoon toe?  As jy vir ‘n vrou wil komplimenteer met die kleur van haar lipstiffie? As jy vir ‘n man wil oordra dat sy wenkbroue onnet lyk as dit so lank en wild groei en dat dit heeltemal oukei is om dit gereeld te trim?  Nee, beslis nie. Sulke persoonlike aanmerkings of  komplimente het nie vingers nodig nie; net oogkontak.  Of wys jy in die openbaar ‘n vinger na iemand anders terwyl jy en jou pel besig is om oor daardie  persoon te skinder?  “Waar sien jy hom dan nou?” En jy wys: “Da-a-a-r, man!”  Baie lelik, want omstanders kan jou  raaksien en ook in dieselfde rigting kyk. Hoe moet daardie een tog voel as sy intuïsie hom na jul kant toe lei en almal staan na hom en staar?  

Of, maak dit nie eintlik saak nie? Jare gelede was dit ‘n instelling dat ons klomp vroue ‘n bus bestel het om maandeliks Kaap toe te gaan, soms vir ‘n opvoering, soms vir inkopies, soms met ons kinders, ag, sommer net om ook ‘n slag oor die berg te kon gaan. Op die hoek van Adderley- en Strandstrate, terwyl die groep probeer het om konsensus te bereik oor waar om mekaar weer te kry, het ek woordeloos opgekyk en met my wysvinger hemelwaarts gewys. Uit pure frustrasie omdat hulle nie tot ‘n punt kon kom nie. Daar was nognie selfone nie.  Binne ‘n oogwink het nie net  my maters boontoe gekyk nie, maar het die Saterdagsypaadjies tot stilstand gekom; almal wou sien wat ek – volgens hulle persepsie – gesien het. Dit was verrassend snaaks, want ek het nie gedink dat dit ander mense ook sou tref nie. Terselfdertyd het ek besef hoe ‘n magtige invloed vingerwysing kan hê. Wanneer twee manne mekaar ernstig konfronteer, val die eerste vuishou gewoonlik nadat  ‘n wysvinger net daardie één keer te veel binne die ander se persoonlike spasie gaan draai het. Dit is nie soseer die woorde wat die lyflike bevlieging veroorsaak nie, maar die aanvallende lyftaal van ‘n wysvinger. Ons sit werklik met ons sterkste aanvalwapens aan die verste punte van ons bolywe! ‘n Mens moet egter  nooit uit die oog verloor dat elke Noord ‘n Suid en elke Oos ‘n Wes het nie. Daardie oomblik wanneer mens jou wysvinger rigied maak, sluit die res van jou hand outomaties en in die proses wys drie vingers terug na jou kant toe. Net 20% van jou hand wys direk na jou objek terwyl 60% na jou toe terugwys. Die ander 20%, jou duim, wys in die rigting van die goue middeweg. Om iemand die wysvinger te steek, is dus glad nie ‘n goeie idee nie. Dit is uitlokkend, beskuldigend, aanvallend en gaan gewoonlik gepaard met verkleinerende en kwetsende woorde. 

Voor ‘n mens jou hand oplig, moet jy liewer wegstap en die drie vingers wat na jou toe terugwys, gaan bedink. Wat was my aandeel aan die frustrasie wat binne my woed? En dink maar goed, want daar is altyd iets. Daarna oorweeg jy die pad wat die duim vir jou aanwys, die vreedsame oplossing. Dit is ook daar, solank as wat mense bereid is om vrede na te streef. Probleme en konfrontasies is onvermydelik. Dit kom voor op alle vlakke van die samelewing: in verhoudings, in gesinsverband, tussen families, tussen sakekennisse, nie-gelowige, ongelowiges en gelowiges. Gooi maar die wysvinger “pose” maar rig dit soos ‘n veilige vuurwapen afwaarts, haal diep asem en oorweeg al die vingerwysings voordat jy optree. Ai, Mammatjie, wat sou jy tog gesê het oor die aaklige middelvingerwysery van vandag!! In die gees van Paasfees, laat ons nie van ons wysvingers swaarde maak nie, maar eerder ons hande gebruik om ander met duur reukolie te salf en hulle voete te was. Mag ons met handpalms na bo reikhalsend en smekend wag om tydens Pinksterfees  die Groot Geskenk te ontvang. 

Carine Badenhorst

Vingerwysing

Carine Badenhorst

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles