Frustrasie vir die hengelaar

Frustrasie vir die hengelaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dat so ‘n klein dingetjie jou so kan frustrreer is amper ‘n onmoontlikheid. Boonop is dit iets wat as noodsaaklik (of amper!) beskou kan word.  --  rekgare. Die manne met die lang stokke maak gewoonlik heelwat hiervan gebruik en veral vir hulle is dit al deel van die hengelgereedskap. Meestal gebruik hulle groter hoeke en kan die rekgare redelik maklik verwyder word. Vanaf die boot word die sakie meer kompleks. Hier moet ek eers melding maak van die feit dat slegs die dikker weergawe van die rekgare vroeër beskikbaar was en die baie dunner “spookgare” intussen sy opwagting gemaak het en onmiddelik  gewild was, juis oor die fynheid daarvan.

En dis net hier waar my frustasie begin  --  met die spookgare en die relatief kleiner hoekies. Ek gee toe dat, veral die spookasem-weergawe baie handig te pas kom wanneer jy wil verseker dat jou aas aan die hoek bly.  Daar bly egter altyd ‘n flentertjie gare op die hoek agter en jy sit maar weer by. Iemand gaan sê nou hoekom gebruik jy nie ‘n skerp mes om die goed los te sny nie? Te veel al het ek my hoeke per ongeluk afgesny. In elk geval, teen huistoegaantyd hang daar iets aan die hoek wat herinner aan die ou tyd van “ducktails” of iets wat soos ‘n bossiekop lyk. Wanneer jy nou by die huis aankom en uiteindelik tyd kry om jou lyne voor te berei raak dit haas onmoontlik om hierdie klossies gedroogte spookasem van die hoeke te kry. Dan is die beste raad om maar met nuwe hoeke te vervang en die oues weg te gooi. Dis teen my beginsels! Dalk doen ek iets verkeerd.

‘n Man moet nou versigtig wees. Hierdie gewoonte om spookasem te gebruik raak ‘n sensitiewe saak  --  amper vergelykbaar met die oorlog wat ontstaan wanneer jy inmeng met buurman of jou beste vriend se metode van snoekbraai, of nog erger, die maak van potjiekos. En moet hom ook nie probeer oortuig watter hout vir watter braai gebruik moet word nie!!

Groete, Seemeeu

Frustrasie vir die hengelaar

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles