Dit was vanjaar die 6de Penguin Promises Waddle for a Week ter ondersteuning van die bedreigde Afrika Pikkewyn. Vanjaar het die groep van 16 stappers op Maandag, 11 April 2016 weer by die African Penguin and Seabird Sanctuary (APSS) in Kleinbaai met hul staptog begin. Soos vorige jare het die staptog na 6 dae in Simonstad geëindig.
The sixteen Waddlers, tackling the 120km walk, are animal keepers from around the country as well as other animal penguin enthusiasts and environmental supporters. This year the first international participant, from Devon Zoo in the UK, joins the group. “The main thing I'm looking forward to is the opportunity to make a positive impact, however small, on the future of African sea birds through education,” said Leitza Gorman from Devon Zoo.
Soos gebruiklik het etlike entoesiastiese ondersteuners in Gansbaai saam met die groep tot buite Gansbaai gestap en sommiges tot in Stanford. Nog groeperinge wat gesellig saamgestap het, was Strandveld Voetslaanklub en Gansbaai Toerisme, asook verskeie leerders van die onderskeie skole in die omgewing, met Gansbaai Superspar wat herbruikbare sakke vir elke 10 plastieksakke verruil het. Hierdie staptog word nie as ‘n fondsinsamelingsprojek beskou nie, maar wel ‘n bewusmakings-projek vir die bewaring van die marienelewe, maar dan spesifiek die Afrika Pikkewyn.
Die staptog gaan gepaard met plakkate wat lui: “hoot for penguins” en Gansbaaiers het goed saamgewerk met hul toeters.
Die projek se webtuiste is www.penguinpromises.com.
Hardus Botha