Baie plesier

Baie plesier

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nog ‘n week is verby en weer eens kan nie gekla word oor vangstes nie hoewel die manne wat hoopvol bly vir geelbek nog so rukkie sal moet wag. ’n Paar klein snoekies het ook die aas gevat. Wat verblydend is is die groot verskeidenheid vis wat ongelukkig slegs per boot bereikbaar is. Daar is darem ook uitsonderlike vangstes gemaak, kyk bietjie na die meegaande foto’s.

My groot “lekkerkry” was toe ek iemand op die boot gehad het vir wie dit, kan jy maar sê, ‘n eerste keer was, laat staan nog die visvangery. Dan was die man nog nuuskierig en het alles bevraagteken  --  hoe hou jy die boot op koers  --  hoe werk die GPS, hoekom maak jy die anker op twee plekke vas? Wat se vis is dit en kan ek vat aan hom? Hoe werk die “fishfinder” en is dit ‘n rowwe see? (Miskien was hy maar net versigtig, in dié stadium). Die stukkie waar ek hom laat stuur het (weet jy moet eintlik nie, maar hy het so mooi gevra, en ek het streng toesig gehou), was sy genot iets om te aanskou. Moenie dink die man is onnosel nie, hy is ernstig aan die studeer. Dit laat jou ook bietjie dink, sommige goed aanvaar jy mos as vanselfsprekend en illustreer maar net wat ondervinding vir jou kan beteken.

Daar was nog twee ander manne by, waarvan die een redelik hard “gebrul” het. Hy was nogtans baie dankbaar vir die geleentheid om op see te kon kom. Die derde outjie het ernstig gehengel en heel goed gevaar. Ek dink hy gaan sorg dat die ander twee die vis skoonmaak!!

‘n Heel aangename dag gewees.

Groete, Seemeeu

Baie plesier

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles