Pik n Wyn

Hierdie unieke fondsinsamelingsaand ten bate van die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS) in die Great White House was nie net ‘n spesiale geleentheid nie, maar ook ‘n enorme suksesvolle “Fun(d)raising” geleentheid.

“Ons is dankbaar dat slegs die veiling wat gehou is R70,000+ opgelewer het,” sê Brenda du Toit, Persoonlike Assistent: Wilfred Chivell, voorsitter en stigter van Dyer Island Conservation Trust (DICT), wat vanjaar 10 jaar oud is.

Die afslaer van die suksesvolle veiling was Michael Lutzeyer van Grootbos Private Nature Reserve. ‘n Pragtige en kleurvolle verslag, A Decade of Achievement 2006-2016 is aan gaste oorhandig wat ‘n volledige terugblik oor DICT gedurende die afgelope 10 suksesvolle jare gee. Die Trust se korporatiewe borg, Volkswagen SA het ‘n groot media-span saamgebring, asook TV2 se 50/50 span, Ntokozo Mbuli, Bertus Louw en Mpho Motsoane.

Die aand is gekombineer met die deeglike talente van Sjef Shane Sauvage van La Pentola, asook die uitstekende wyne van Creation Wines.

Janet Marshall van Whale Coast FM het as seremoniemeester opgetree. Vir agtergrondmusiek is drie knap lede van die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes gebruik. Verdere optredes is deur Gansbaai Primêr se Marimba Orkes gelewer, asook deur die Great White House Rainbow Choir. Wilfred het sy toespraak afgesluit met: “It was really wonderful to see the friends we have in the community who were able to support the event. The penguins do not belong to the trust or to the penguin sanctuary but to all of us and together we can better look after them. Thank you for the support.”

Hardus Botha

Wilfred Chivell en Stefan Mecha, Verkoops- en Bemarker Direkteur van Volkswagen SA
Michael Lutzeyer, Afslaer vir die aand, saam met Geoff McIver, topbieer vir die Afrika Pikkewyn foto deur Peter Chadwick
Sandra en Reinhard Kern, Catherine Nyquist en Lizaene Cornwall
Susan Visagie en Sjef Chef Shane
Wat n suksesvolle aand
Lauren Waller en Alouise Lynch