Hoekom geen geelbek?

Hoekom geen geelbek?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die weer wat ons gehad het moes eenvoudig vir geelbek sorg en steeds was daar niks, of meer korrek, baie min. Die patroon wat normaalweg gevolg word na sulke weer is dat die skippers met bote wat dit kan waag selfs voor die weer verander see toe gaan en gewoonlik sukses behaal. Kom ons soek vir ‘n paar redes waarom nie  --  die weer kon dalk net te lank aangehou het, maar ek self twyfel daaraan.

Dan, ‘n beter rede, die see was so ‘n groenerige kleur. Dit klink nie reg nie. Die waterremperatuur was teen Maandag ideaal en 15 grade moes gehelp het. Teen daardie tyd was die sleg kleur ook weg, maar steeds geen geelbek. Wat eienaardig is is dat selfs die hotties skaars was. Gelukkig het die mooi rooivis opgemaak daarvoor. Watter ander redes behalwe dié reeds gemeld kan gevind word vir die skaarste aan vis? Dit los ek maar vir iemand wat beter oor die goed kan spekuleer.

Maandag lê ons redelik diep agter die Birkenhead en die water is heel aanvaarbaar. Dit het half onvanpas gelyk, maar die stroom was redelik sterk, en toe gebeur iets wat ek self al dikwels oorgekom het. Een van die manne op die boot skree soos ‘n maer vark. En met reg want dis toe sy stok met gereedskap en al, oorboord verdwyn. Ek betwyfel of ‘n vis verantwoordelik was daarvoor. Ek dink dit was die stroom se skuld. En soos gemeld, ek was al dikwels die slagoffer. Daar is net een raad, hou die stok in jou hande en selfs al doen jy dit wees bedag op die onvoorsiene. Sit jou stok neer en maak  tog seker deur hom vas te pak dat die stok nie oorboord sal verdwyn nie  --  maar onthou die vis laat die stok bokspring en dan help die vas pak dalk nie! Ai mens treur darem baie as so iets met jou gebeur want jy word lief vir jou gedoentes. Dis waarom daar in die gesoute hengelaar/visserman soveel stokke aan die garagemuur hang!

Toe maar, die vis gaan nog kom.

Groete, Seemeeu 

Hoekom geen geelbek?

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles