Mensgemaakte Strukture

Gansbaai Fotografieklub se onlangse byeenkoms te Groeneweide Kwekery was weer eens gekenmerk met prag-foto’s deur die klublede, selfs foto’s van nuwe aankomelinge soos Piet en Annetjie Visagie. Mensgemaakte Strukture (Man-made Structures) was die tema, terwyl “oop”-kategorie foto’s ook vertoon is. Marc du Plessis het die aanbieding goed hanteer, terwyl hyself en Jane Bailey ook as beoordelaars opgetree het. Elke foto is in fyn besonderhede bespreek, waarna punte dan toegeken is. Die positiewe kritiek wat tydens die besprekings van foto’s gelewer word, is die ideale manier vir almal om waardevolle kennis op te doen. Die klub is oop vir enige belangstellendes, amateur- en professionele fotograwe met klein mik-en-drukke of enorme kameras!

Die webtuiste word uitstekend bygehou en kan vir inligting en die jaarprogram besoek word. Byeenkomste vind op die eerste en derde Maandag van elke maand om 18:30 te Groeneweide Kwekery plaas, met die volgende een op 23 Mei 2016 (Training: Landscapes & Seascapes).

Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 (chairperson@gbpc.co.za) gekontak word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781 (secretary@gbpc.co.za). Verdere inligting kan op die webtuiste, www.gbpc.co.za gekry word.

Hardus Botha

Jane Bailey se “Foto van die Aand”, Sailing Away, waarvoor sy met ‘n interne Goue Toekenning in die “oop”-kategorie beloon is
“The Bridge” (Man-made structures) - Annetjie Visagie
“De Kelders Grotte” (Man-made structures) - Piet Visagie