GOD is hier! Raak stil en beleef Sy teenwoordigheid!

GOD is hier! Raak stil en beleef Sy teenwoordigheid!

Gansbaai Courant

“U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. Waarheen sou ek gaan om U Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan U teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei U hand my, hou U regterhand my vas.” (Ps. 139:5-10)

Ek kyk weer vanoggend na die boom voor in ons tuin en sien die pragtige takke en blare raak.

Sonder dat ek dit besef is daar ’n wonderwerk besig om voor my oë te gebeur. Stil en onsigbaar neem hierdie boom deur sy wortels vog en sap uit die grond en laat dit opstyg in elke aartjie, loot en tak en word nuwe blare en blomme gevorm.

Ons kan dit nie sien nie, maar dit gebeur! En rondom ons in  miljoene der miljoene plante, diere en mense, vind dieselfde onsigbare proses elke dag plaas! Is dit dan nog enigsins moontlik om nie te glo dat GOD besig is om rondom ons en in ons te werk nie?

GOD is hier! Raak stil en beleef Sy teenwoordigheid! Net soos wat jy nie kan sien hoe plante en bome vog uit die aarde en sonkrag uit die lug opneem om te groei nie, kan jy GOD nie self raaksien nie. Hoef jy Hom nie fisies te sien om te weet Hy woon in ons elke dag nie. Hy is hier! Soos die kleinste atome en selle in ons bloed wat ons nie sonder die regte instrumente kan sien nie, kan ons GOD nie sien as ons nie die werking van GOD, die Heilige Gees verstaan en aanvaar nie. GOD werk nou, op hierdie oomblik in jou deur Sy Heilige Gees sodat jy kan weet: Hy is in jou teenwoordig! Soos die wind waai waar hy wil, so werk die Heilige Gees wanneer Hy wil en waar Hy wil. Ons taak is om net te glo en te bly vertrou dat alles sal uitwerk en gebeur soos wat GOD dit wil.

Daarom nooi ek jou nou uit om vir ’n slag weer jou Bybel te gaan optel en daaruit te lees. Begin sommer met Psalm 139 wat hierbo aangehaal is. Lees die Psalm twee of drie maal deur en raak dan stil. Sluit jou oë en dink diep na oor wat jy gelees het. Bid dat die Heilige Gees jou nog meer gevoelig sal maak vir wat jy gelees het. As daar dan ’n sterk of prominente gedagte by jou opkom, skryf dit neer en lees dit vandag en môre weer en weer. Die Heilige Gees werk deur die Woord van GOD. Hy bewerk in ons groei en krag soos die onsigbare vog wat in bome en plante deur hulle are vloei. Jy sien dit nie, maar dit is daar!

GOD is hier! Raak stil en beleef Sy teenwoordigheid!

GOD is hier! Raak stil en beleef Sy teenwoordigheid!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles