GOD is hier! Raak stil en beleef Sy teenwoordigheid!

GOD is hier! Raak stil en beleef Sy teenwoordigheid!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Dié wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip. Waarheen sou ek gaan om U Gees te ontvlug? Waarheen sou ek vlug om aan U teenwoordigheid te ontkom? Klim ek op na die hemel, is U daar, gaan lê ek in die doderyk, is U ook daar. Vlieg ek na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, ook daar lei U hand my, hou U regterhand my vas.” (Ps. 139:5-10)

Ek kyk weer vanoggend na die boom voor in ons tuin en sien die pragtige takke en blare raak.

Sonder dat ek dit besef is daar ’n wonderwerk besig om voor my oë te gebeur. Stil en onsigbaar neem hierdie boom deur sy wortels vog en sap uit die grond en laat dit opstyg in elke aartjie, loot en tak en word nuwe blare en blomme gevorm.

Ons kan dit nie sien nie, maar dit gebeur! En rondom ons in  miljoene der miljoene plante, diere en mense, vind dieselfde onsigbare proses elke dag plaas! Is dit dan nog enigsins moontlik om nie te glo dat GOD besig is om rondom ons en in ons te werk nie?

GOD is hier! Raak stil en beleef Sy teenwoordigheid! Net soos wat jy nie kan sien hoe plante en bome vog uit die aarde en sonkrag uit die lug opneem om te groei nie, kan jy GOD nie self raaksien nie. Hoef jy Hom nie fisies te sien om te weet Hy woon in ons elke dag nie. Hy is hier! Soos die kleinste atome en selle in ons bloed wat ons nie sonder die regte instrumente kan sien nie, kan ons GOD nie sien as ons nie die werking van GOD, die Heilige Gees verstaan en aanvaar nie. GOD werk nou, op hierdie oomblik in jou deur Sy Heilige Gees sodat jy kan weet: Hy is in jou teenwoordig! Soos die wind waai waar hy wil, so werk die Heilige Gees wanneer Hy wil en waar Hy wil. Ons taak is om net te glo en te bly vertrou dat alles sal uitwerk en gebeur soos wat GOD dit wil.

Daarom nooi ek jou nou uit om vir ’n slag weer jou Bybel te gaan optel en daaruit te lees. Begin sommer met Psalm 139 wat hierbo aangehaal is. Lees die Psalm twee of drie maal deur en raak dan stil. Sluit jou oë en dink diep na oor wat jy gelees het. Bid dat die Heilige Gees jou nog meer gevoelig sal maak vir wat jy gelees het. As daar dan ’n sterk of prominente gedagte by jou opkom, skryf dit neer en lees dit vandag en môre weer en weer. Die Heilige Gees werk deur die Woord van GOD. Hy bewerk in ons groei en krag soos die onsigbare vog wat in bome en plante deur hulle are vloei. Jy sien dit nie, maar dit is daar!

GOD is hier! Raak stil en beleef Sy teenwoordigheid!

GOD is hier! Raak stil en beleef Sy teenwoordigheid!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles