Seevoëls, robbe en hengelaars

Seevoëls, robbe en hengelaars

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis een van daardie dae wanneer jy jou op ‘n rots langs die see tuismaak en die omgewing om jou rustig beskou. Jy waardeer alles en neem jou tyd om die verskillende voëls waar te neem. Vlak langs jou skree een van hulle en verdwyn dan amper geruisloos die water in. Dis ‘n bonus wanneer ‘n paar dolfyne sierlik in gelid verby beweeg. Vlak voor jou swem klein vissies in die vlak water en die koraalriwwe vertoon helder en kleurvol langs die bamboes wat saggies heen en weer beweeg. Hoeveel van ons het dit nog nie ondervind nie? Idillies, nie waar nie?

Hengel vanaf ‘n boot en die prentjie verander so effens. Daar word ‘n lyntjie laat sak en die verwagting lê vlak. Die afgelope week was die vis skaars  --  seker toe te skryf aan die lae seetemperatuur. Vandag gaan hopelik beter verloop. Intussen verwonder jy jou aan die verskeidenheid voëls. Dit lyk amper asof hulle aan die slaap is wanneer hulle vreedsaam op die water dryf. Die ligte swellings wat die boot nou en dan lig dra by tot die salige gevoel.  Dan daardie skielike byt. Waar die ou groot rob vandaan gekom het sal niemand weet nie. Dis ‘n mooi vis aan die lyn en hom kan mens darem nie verloor nie. Versigtig word hy nader getrek. Dan, onverwags kry die lyn lewe en klief deur die water. Die rob is nêrens te sien nie en dit kan net een ding beteken, en dit word gestaaf wanneer hy met die vis op die oppervlak verskyn en begin smul aan sy vonds. Dis wanneer ‘n hengelaar begin om in anderste tale te praat  --  oorspronklik net om hulle te verjaag.    Daar is ook ’n dryflyntjie in die water en dis dan wanneer die voëls in die prentjie kom. Die aas kry nie kans om te sak nie en met elke gooi word dit opgevreet. Selfs ‘n sinker help nie want met die duikslag gaan haal die voël die aas daar onder. Nou word daar gewedywer tussen die voëls en die robbe (intussen het nog twee hulle opwagting gemaak). Die eens rustige atmosfeer is daarmee heen. Daar word geduik en geskree en die water kook soos hulle die ase jaag. Ook die ander bote probeer bietjie spasie kry en dis ‘n armgeswaaiery en daar word in herkenbare maar ook vreemde tale gekommunikeer. Met omtrent geen sukses nie. Om pad te gee is ook nie ‘n opsie nie  --  hulle sál jou volg.

Laat ek, soos Naas Botha altyd sê, eerlik wees. Ek weet dis in die eerste plek die voëls en die robbe se plek en dis nie hulle wat oortree nie, maar in sulke omstandighede ondergaan jy ’n gedaanteverwisseling en dan is daar min te bespeur van toegeneentheid tussen die hengelaar en hierdie twee spesies. Die rob voel vere vir jou en dit klink kompleet asof die seevoëls jou tart met hulle geskree. Gelukkig is dit ‘n tydelike situasie. Môre is alles weer normaal. Veral die boothengelaars sal verstaan.

Groete,
Seemeeu

Seevoëls, robbe en hengelaars

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles