“TR” STAAN VIR TREK EN TRAUMA

“TR” STAAN VIR TREK EN TRAUMA

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Menige Gansbaaier kan hom of haar sekerlik vereenselwig met die trauma wat ‘n verhuising – ‘n trekkery – meebring: Die besluit om te gaan, reëlings wat oor maande sorgvuldig getref word - baie daarvan in jou kop en nie op papier nie.  Die raad van vriende en familie en mense wat jou skaars ken.  Soos ‘n mamma met ‘n nuwe baba – almal wil jou raad gee oor hoe om die dingetjie groot te kry.

Dinge ontwikkel maar vanself.  Orde sê hulle, word gebore uit goeie beplanning, chaos kom vanself.

Jy begin om die voor die hand liggende goed te pak.  Die goeters waarsonder jy kan leef. Dit gaan maklik en jy begin dit al in jou agterkop herrangskik in jou nuwe huis.

Jy wonder of jy die kysbriefies en vriendebriefies, beteken met hartjies en sorgvuldig en sierlik gevou, vir die kinders moet hou of moet dit vullisblik toe?  Die teddiebere, die troetelkomberse, die stokou, gemaklike trui.  Jy moet stoksielalleen besluit oor jou huismense se goed.

Jou vriendinne daag op.  Een bring kos.  Een kom pak. Wat jy nog wou uitsorteer, word later net ingepak.  Die orde van jou trek word versteur.

 Jou hartsmense "sien" die ontploffing wat in jou kop vorm begin aanneem en daag op na ‘n drie uur lange rit vanuit die stad.  Ongenooid, ongevraagd, maar ‘n aankoms wat jou ontspoorde baan weer in ‘n rigting dwing – ‘n aankoms waarsonder jy heeltemal van jou trollie af sou wees.

En dan loop alles wat fyn bepland was, heeltemal skeef en aan die begin van ‘n mooi oggend, klim jy in jou karretjie met net jou klere gelaai, en ry om betyds te wees vir die aanvang van jou nuwe lewe in ‘n nuwe provinsie, nuwe dorp, nuwe werkplek, nuwe blyplek.

Interessant wat jy kies, wanneer jy een ding kies om jou siel te voed in ‘n vreemde plek waar jy jou voete saans gaan neersit.  In my geval was dit ‘n kersblaker, ontwerp vir ses lang kerse en een vette in die middel. Ingelaai saam met die half uitgebrande kerse van ‘n laaste aand se kuier met vriende.

Die tot stilstandkom in Gansbaai, nadat jy met prokureurs, boekhouers, eiendomsagente, die tuin- en huiswerker, die agtergeblewenes duisende reëlings moes tref, is so ‘n anti-klimaks op jou sisteem, dat jou bedrading heeltemal koek.

Die vrede wat die see-uitsig bring, wil nie insink nie.  Die vriendelike dorpenaars wat kom welkom sê, slaan bollemakiesie in jou verteurdheid.

En dan keer jy terug van ‘n naweek uit die Kaap, waar mense jou uit jou vorige lewe geken het en jy weet – hier in die Kaap moet jy rustig raak, jou werksding doen, groet wanneer jy uit die motor klim, in die son staan en gesels op ‘n skoon en heel teerpad...

Marinda van der Walt

“TR” STAAN VIR TREK EN TRAUMA

Tong-ini-Kies

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles