Rugbyseuns speel in styl

Die o/13A rugbyspan van Laerskool Gansbaai was in die gelukkige posisie om nuwe spanbaadjies van Premier Fishing te ontvang en oefenhemde en –broekies van Guano Organic Fertilizer.  Die afrigters, Jonathan Doyle en Michiel Geldenhuys, is baie dankbaar vir die ondernemings se belangstelling in hul span en die bevordering van sport by die skool.  Die kleredrag sorg vir ’n besondere eenheid en trots onder spanlede. 

Die span het tydens die afgelope seisoen vier van hulle agt wedstryde gewen en een gelykop gespeel teen Laerskool LS Totius (0-0).  Hulle wen Hermanus se B-span met 46-7, Ashton met 15-5, Gansbaai Primêr (Blompark) 61-0 en Mount Pleasant Primêr 10-5. Hulle loesingwedstryde was teen Overberg (5-12), Hermanus A (0-10) en Rûens Kollege (10-12).

Die o/13A rugbyspan van Laerskool Gansbaai was in die gelukkige posisie om nuwe spanbaadjies van Premier Fishing te ontvang en oefenhemde en –broekies van Guano Organic Fertilizer.  Die afrigters, Jonathan Doyle en Michiel Geldenhuys, is baie dankbaar vir die ondernemings se belangstelling in hul span en die bevordering van sport by die skool.  Die kleredrag sorg vir ’n besondere eenheid en trots onder spanlede.  Die span het tydens die afgelope seisoen vier van hulle agt wedstryde gewen en een gelykop gespeel teen Laerskool LS Totius (0-0).  Hulle wen Hermanus se B-span met 46-7, Ashton met 15-5, Gansbaai Primêr (Blompark) 61-0 en Mount Pleasant Primêr 10-5. Hulle loesingwedstryde was teen Overberg (5-12), Hermanus A (0-10) en Rûens Kollege (10-12).
Gansbaai_Rugbyseuns_speel_in_styl_Laerskool_Gansbaai_2