Miss Teen bring haar kant

Miss Teen bring haar kant

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Miss Teen Commonwealth SA 2016, Alissa Coetzee (16) van De Kelders, is stewig op pad na die “Grand Finale” op 2 Julie 2016 in Pretoria. Sy is druk besig met haar projekte en die “Food Drive” projek wat sy geïnisieer het.

“Ons het Vrydag begin met ‘n ‘Food Drive’ vir Camphill School Hermanus in die Hemel-en-Aarde-Vallei,” vertel haar ma, Adéle Coetzee. “Gansbaai OK Foods het goedgunstelik ingestem om ‘n trollie beskikbaar te stel waarin almal die nodige goedere kan plaas.” Produkte soos rys, samp, langlewe melk en geblikte items soos groente, sardiens in tamatiesous en sousboontjies sal veral welkom wees.

Alissa is ‘n Miss Teen Commonwealth SA 2016 Finalis onder die Top 29 meisies, nadat een onttrek het. Alissa se ouers is André en Adéle Coetzee van De Kelders en sy is ‘n Gr 11 leerder aan Hoërskool Hermanus en ‘n gebore Gansbaaier. “My liefdadig-heidsorganisasie waarby ek aktief betrokke is, is die Butterfly Centre in Stanford, maar ek het onlangs ook ‘n oorhandiging aan Camphill School gedoen,” vertel Alissa. “Ek is mal oor kinders en geniet dit om vrywilligerswerk by die skole te doen.” Sy het ook onlangs motiveringspraatjies by Laerskool Gansbaai en Gansbaai Primêr in Blompark gelewer. “Tot nou toe is ek baie geseënd met al die mense wat my borg en ook geld aan die Butterfly Centre geskenk het,” vertel sy.

Hierdie kompetisie gee die meisies die geleentheid om hul leierskapeienskappe, modelering en openbare optredes uit te bou. Wat baie belangrik is, is dat alle deelnemers die geleentheid moet gebruik om ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak.

Miss Teen bring haar kant

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles