Die Gansies van De Kleine Gansies was behoorlik opgewonde oor ‘n pretstap wat ten bate van die kleuterskool gereël is.
Die hoofborg en organiseerder daarvan was Health and Active. “Ons is groot dank verskuldig aan Pieta Botes en sy span wat soveel ingesit het om ‘n sukses van die pretstap te maak,” sê JP Coetzer.
JP sê al het die weer nie saamgespeel nie, was die geleentheid steeds ‘n groot sukses.
“Ons beplan om hierdie pretstap met die hulp van Health and Active op ‘n jaarlikse basis te organiseer,” sê JP. “Volgende jaar sal ons dit in die somer of lente aanbied om goeie weersomstandighede te verseker.”
JP bedank graag vir Health and Active, asook al hulle borge.
Geluktrekkings ten bedrae van R25,000.00 is oorhandig en die organiseerders is dankbaar vir elkeen daarvan.
“Die fondse wat die skool hieruit gekry het, sal ons vir die opgradering van die skool se speelarea aanwend,” sê JP.
Hardus Botha