Hoede - hoede - nogmaals hoede van alle kleure, vorms en geure was die tema vir ‘n onlangse Ma-en-Dogter-Tee. Hierdie geleentheid is ten bate van Laerskool Gansbaai deur die Ouervereniging aangebied.
Generasies ma’s en dogters het die geleentheid ondersteun. Dit was behoorlik ‘n oproer van kleur, kulkunsies, liefde en geselligheid wat van hierdie oggend ‘n enorme sukses gemaak het. Terwyl ontbyt geniet is, is vermaak deur E-linè Jooste verskaf wat vir die gaste ‘n paar liedjies opgevoer het, met Marzaan Roux wat die geleentheid met ‘n dans afgesluit het.
‘n Bekende oudskolier van Laerskool Gansbaai, Geon Nel, het die gaste se koppe laat draai met verskeie kulkunsies.
‘n Groot dankie aan al die OOV mammas van Laerskool Gansbaai wat as gasvroue gedien het. Hulle tafels het asemrowend gelyk.