Twaalf versorgers gereed vir arbeidsmark

Twaalf versorgers gereed vir arbeidsmark

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Gryp die Dag” is die sinvolle betekenis van Carpe-diem. Twaalf studente het die kursus van Carpe-diem Opleidingsentrum onder leiding van Suster Iréne de Waal suksesvol deurloop. “Ses van hierdie studente het reeds werk gekry en dít is waaroor die opleiding gaan - om werkskepping daar te stel,” sé Iréne.

Jan Naudé het die oorhandigingseremonie op gepaste wyse geopen. Iréne het die eed van Florence Nightingale aan die studente voorgelees terwyl elke student ‘n brandende kersie in die donker saal vasgehou het.

Magrieta Adams, Bestuurder: Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum, het die welverdiende sertifikate aan die volgende studente (alfabeties) oorhandig: Aldine Jantjies, Carrol Mbuzeni, Cornelia Jantjies, Ferlancia Plaatjies, Gerda Gibson, Heloise Koert, Kirsten Forry, Lola Thafeni, Luwenda Jantjies, Michelle Tobias, Sarah-Lee Forry en Thembi Ntsukune.

Die Topstudent (teorie en prakties) tydens hierdie kursus, was niemand anders nie as Silwerjare Dienssentrum en Oak Grove Nasorgsentrum se bekende Gerda Gibson. Sy is in beheer van Oak Grove Nasorgsentrum waar sy haarself uitstekend van haar taak kwyt.

Die vorige Topstudent, Minette October het die groep geluk gewens en gesê: “Wie nie waag nie, sal nie wen nie en onthou, ‘n vriendelike glimlag is die beste medisyne wat daar kan wees”. Iréne is ‘n geregistreerde verpleegkundige en assessor en sê daar bestaan ‘n groot behoefte aan werksgeleenthede, veral onder senior burgers en verswaktes wat tuisversorging benodig.  “Hierdie studente het deeglike en toepaslike opleiding ontvang en is gereed om ‘n bekostigbare vier-en-twintig uur diens te lewer,” sê Iréne.

Skakel Suster De Waal by 028-212-1138 of 071-125-4704, of stuur ‘n e-pos aan haar by carpe-diem@voda mail.co.za.

Twaalf versorgers gereed vir arbeidsmark

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles