Michael-John Otto van Gansbaai en oud-leerling van Laerskool Gansbaai, het verlede week deelgeneem aan die seuns o/18 Coca-Cola Akademie Rugby week.
Michael-John het verlede jaar vir die Boland 7’s rugbyspan uitgedraf en het die jaar die Boland Akademie 15-tal gehaal.
Die span het uitmuntende skolerugby opgelewer waartydens hulle al hulle wedstryde gewen het.