Is dit die wil van die HERE?

Is dit die wil van die HERE?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is....laat U wil geskied...”  (Mat. 6:9,10)

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat GOD julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” (Rom 12:2) 

In die samekoms van ons manne Bybelstudiegroep Dinsdagoggend het die vraag weer op die tafel kom lê: Hoe weet ek wanneer ’n saak die wil van GOD is of nie? Hoe hoor ek die stem van die HERE in ’n belangrike besluit of saak? Wat by baie Christene groot verwarring of onsekerheid bring is dat sommige gelowiges maklik sê: “Die HERE het vir my gesê/gewys/openbaar.....” Vir die meeste van ons is die stem van die HERE stil.....of hoor ons Hom nie só duidelik nie.

In die Ou Testament het die gelowiges as hulle wou weet wat die wil van die HERE is na die priester gegaan by die tempel en Hy het GOD namens hulle geraadpleeg. In die woestyn het GOD aan hulle in ’n wolkkolom verskyn.

“Elkeen wat na die wil van die HERE wou vra, het na die tent van ontmoeting buite die kamp gegaan. .....en dan het die HERE met Moses gepraat.” (Eks. 33:7-9)  Dit klink so maklik, nê!

Tog het hierdie volk só ongehoorsaam teenoor GOD geraak dat GOD se stem al stiller geword het.

In die Nuwe Testament het GOD deur Sy Seun Jesus met ons kom praat.

Jesus leer ons dat GOD se wil moet geskied (Mat. 6:10)  en ook dat ons die wil van Sy Vader kan ken deur eerste van alles die koninkryk van GOD,  en Sy wil,  te soek. Ook dat ons die Vader moet vra as ons iets nodig het. (Lees Matteus 6: 33; 7:7.) Dit klink asof dit net nodig is om te glo en te vra – en jy sal die wil van GOD ken. Hoekom bly ons dan nog onseker oor GOD se wil?.

Daarom het GOD toe besluit om binne-in ons lewe te kom woon deur die Heilige Gees. (Joh. 14:26) Dit is juis die Heilige Gees wat in ons harte werk en ons tot geloof bring in Jesus. (vgl. 1 Kor. 12:3) Wanneer ons bid tree die Heilige Gees direk vir ons by GOD in. Hy pleit volgens GOD se wil vir ons (Rom. 8:26,27)  Elke keer wanneer ons in geloof tot GOD oor ’n saak bid, kan ons verseker wees dat die Heilige Gees vir ons by GOD intree.

Om GOD se wil te ken en om Sy stem in ons lewe te hoor is nie moeilik  nie. 

Gee jou hele lewe (jou hart, siel en verstand) aan GOD oor (Rom 12:2 hierbo) en bly  soos ’n kind glo dat GOD se wil, sal geskied.

Die een gelowige hoor GOD se stem duidelik, die ander glo GOD alles sal ten goede uitwerk (Rom 8:28) en alle gelowiges sal weet; GOD is in beheer – en waar ons in gehoorsaamheid lewe – daar geskied Sy wil.

Is dit die wil van die HERE?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

A Conversation With AI

A Conversation With AI

AI can access and synthesize a much broader range of information than any one person typically can, and very quickly, but that doesn't mean AI is more knowledgeable overall than every person. 

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

Rewilding Festival and R1 Million Fundraising Goal

GGAP has completed our mural gift for Mathilda at Groeneweide.

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Choosing Exterior Paint Colours for South African Homes

Bring a little South African colour home!

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026

Golf Competition Results for 23 - 26 Sep 2026.

Gansbaai Golf Club
See All Articles