Die wyn is op

Die wyn is op

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Toe die wyn opraak, sê Jesus se moeder vir Hom: “Hulle het nie meer wyn nie.” (Joh 2:3)

Die wyn is op!” 

Dis darem ’n vreemde opskrif vir hierdie rubriek “Uit die Woord,” is dit nie?

Ek kan my voorstel hoe diegene wat ’n stryd voer teen die gebruik van alkohol, nou penregop sit en kyk hoe hulle kritiek kan uitoefen. Daar aan die ander kant sit ’n paar manne om die kroeg en dink: “Dis hoogtyd dat iemand iets ten gunste van wyn sê!”

Die meeste van ons is soos die ou wat skelm drink – ons sê liewers niks, doen só min as moontlik, dan is daar vrede!

Tog is hierdie gedeelte in die Bybel baie duidelik aan die begin van die Johannes Evangelie geplaas om die krag en die heerlikheid van Jesus Christus se werk op aarde in te lei.

“Hierdie eerste wonderteken het Jesus in Kana in Galilea gedoen. Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom.” (Joh 2:11)

Dit gaan duidelik oor wat Jesus gedoen het en daardeur Sy dissipels se geloof opgebou het. Maar wat kan ek en jy uit hierdie wonderteken leer?

Maria sien ’n probleem op die bruilof raak – die wyn is klaar!

Sy identifiseer die probleem en dan neem sy die probleem na Jesus toe. Interessant dat sy nie rondhardloop en met allerhande planne self die krisis wil oplos nie.

Sy neem die probleem na Jesus toe.

Dit herinner my aan een van my geliefde teksverse uit Filippense  4:6 – “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan GOD bekend.”

Dit staan hier: Ek mag alles wat my bekommer, alles wat ek mee worstel, ja, al my begeertes in gebed na GOD toe neem.

Daar is NIKS te klein, te onbelangrik of nietig vir Jesus nie. NEEM DIT NA JESUS TOE!

Al lyk dit ook asof Jesus vir Maria ’n negatiewe antwoord gee en haar nie regtig wil antwoord nie, doen sy tog die volgende geloofstap: “Sy moeder sê toe vir die kelners: “Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle doen.” (Joh 2:5)

Dis só duidelik, is dit nie? Wanneer jy jou probleem, jou begeertes, na Jesus toe geneem het, moet jy bereid wees om die volgende stap te neem:

LUISTER MOOI WAT HY VIR JOU Sê en DOEN DIT !

Jesus gaan nie stilsit en niks doen nie. (Gaan lees gerus wat Jesus gedoen het nadat Maria met Hom kom praat het – Johannes 2:7,8)

As jy niks hoor nie, wees geduldig – Jesus gaan reageer.

Die Heilige Gees (die lewende Stem van GOD in jou) lei ons rustig en op Sy tyd na die waarheid en die antwoord toe.

Moet nie sommer op enige stemmetjie in jou kop reageer nie. Bly in gesprek met Jesus. Bid sonder ophou, aanhoudend. (1 Thess. 5:17)

Wanneer jy die dag duidelik hoor wat GOD deur Sy Gees en Woord vir jou sê: DOEN WAT HY OOK AL VIR JOU Sê!

Gehoorsaamheid en geloof gaan hand aan hand. Ons moet nie net glo in Jesus nie, ons moet ook doen wat Hy van ons vra!

Die wyn is op

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles