Pro-aktiewe optrede voorkom waterkrisis

Pro-aktiewe optrede voorkom waterkrisis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Terwyl die res van die Wes-Kaap en veral die Kaapse Metropool gebrek gaan onder die ergste waterkrisis in jare, kan die Munisipaliteit Overstrand vandeesweek sy inwoners gerusstel deur te rapporteer dat daar voldoende watervoorraad beskikbaar is om te voldoen aan die behoefte van sy inwoners. Hierdie toedrag kan toegeskryf word aan reënbuie wat op die regte tyd uitgesak het en wat opgaardamme aangevul het.  Verder kan die situasie toegeskryf word aan pro-aktiewe optrede wat gepaard gegaan het met akkurate vooruitskattings en langtermynbeplanning ten opsigte van die daarstelling van waterbronne.

Soos in die geval met ander grootmaat  infrastruktuurdienste soos elektrisiteit-, riool-, stormwater- en watervoorsieningsdienste, het die munisipaliteit besluit om sy beplanning ten opsigte van hierdie dienste so akkuraat moontlik  te  doen vir die kort-, medium en langtermyn. 

So byvoorbeeld is groot kapitaalinvestering (gemiddeld 90% van elke jaar se beskikbare fondse in die kapitaalbegroting) gedoen met die opgradering van grootmaatdienste.

Munisipaliteit Overstrand was vir die laaste keer gedurende 2011 genoodsaak om waterbeperkings in die Hermanus area in te stel.  Die munisipaliteit het egter dadelik geld bewillig om waterbronne aan te vul.  Die mees prominente ontwikkelings wat sedertdien afgehandel is, sluit in:

Die sink van 11 boorgate om ondergrondse bronne in die Hermanus gebied aan te vul;

Die sink van 2 boorgate om ondergrondse bronne in die Stanford gebied aan te vul; en die bou van watersuiweringswerke in De Kelders om fonteinwater optimaal te benut.

Etlike miljoene rande is in die proses bestee.

Wat die posisie in Gansbaai betref is die gunstige posisie waarin die gebied verkeer, hoofsaaklik die gevolg van pro-aktiewe optrede wat geneem is om die Kraaiboschdam-ontwikkeling gedurende 1999 - 2000 in vennootskap met die Lomond wynlandgoed te voltooi.  Die munisipaliteit het ‘n kwota bekom van die water in die dam en tans gebruik die munisipaliteit steeds slegs ‘n gedeelte van daardie kwota.  Die verwagting is dat hierdie dam voldoende water bied om die geprojekteerde groei van Gansbaai vir die volgende 20 jaar te verseker.

Alhoewel daar in ‘n stadium heelwat druk op die munisipaliteit uitgeoefen is om die roete van ontsouting van seewater te gaan, het die munisipaliteit verkies om eerder te fokus op die ontginning van ondergrondse water. 

As daar gelet word op die sukses/teleurstellings wat in ander gebiede ondervind is met hierdie opsie, blyk dit dat die keuse van Munisipaliteit Overstrand in alle opsigte die beste resultate vir inwoners gelewer het.

Gegewe die omstandighede soos hierbo verduidelik, kan inwoners van Gansbaai (en Overstrand) verlig voel oor die gunstige posisie wat toegeskryf kan word aan goeie visie en gesonde langtermynbeplanning deur die Munisipaliteit Overstrand.

Die dorp tel nie verniet onder die finaliste in Kwêla se Dorp van die Jaar nie.

Pro-aktiewe optrede voorkom waterkrisis

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles