Pro-aktiewe optrede voorkom waterkrisis

Pro-aktiewe optrede voorkom waterkrisis

Gansbaai Courant

Terwyl die res van die Wes-Kaap en veral die Kaapse Metropool gebrek gaan onder die ergste waterkrisis in jare, kan die Munisipaliteit Overstrand vandeesweek sy inwoners gerusstel deur te rapporteer dat daar voldoende watervoorraad beskikbaar is om te voldoen aan die behoefte van sy inwoners. Hierdie toedrag kan toegeskryf word aan reënbuie wat op die regte tyd uitgesak het en wat opgaardamme aangevul het.  Verder kan die situasie toegeskryf word aan pro-aktiewe optrede wat gepaard gegaan het met akkurate vooruitskattings en langtermynbeplanning ten opsigte van die daarstelling van waterbronne.

Soos in die geval met ander grootmaat  infrastruktuurdienste soos elektrisiteit-, riool-, stormwater- en watervoorsieningsdienste, het die munisipaliteit besluit om sy beplanning ten opsigte van hierdie dienste so akkuraat moontlik  te  doen vir die kort-, medium en langtermyn. 

So byvoorbeeld is groot kapitaalinvestering (gemiddeld 90% van elke jaar se beskikbare fondse in die kapitaalbegroting) gedoen met die opgradering van grootmaatdienste.

Munisipaliteit Overstrand was vir die laaste keer gedurende 2011 genoodsaak om waterbeperkings in die Hermanus area in te stel.  Die munisipaliteit het egter dadelik geld bewillig om waterbronne aan te vul.  Die mees prominente ontwikkelings wat sedertdien afgehandel is, sluit in:

Die sink van 11 boorgate om ondergrondse bronne in die Hermanus gebied aan te vul;

Die sink van 2 boorgate om ondergrondse bronne in die Stanford gebied aan te vul; en die bou van watersuiweringswerke in De Kelders om fonteinwater optimaal te benut.

Etlike miljoene rande is in die proses bestee.

Wat die posisie in Gansbaai betref is die gunstige posisie waarin die gebied verkeer, hoofsaaklik die gevolg van pro-aktiewe optrede wat geneem is om die Kraaiboschdam-ontwikkeling gedurende 1999 - 2000 in vennootskap met die Lomond wynlandgoed te voltooi.  Die munisipaliteit het ‘n kwota bekom van die water in die dam en tans gebruik die munisipaliteit steeds slegs ‘n gedeelte van daardie kwota.  Die verwagting is dat hierdie dam voldoende water bied om die geprojekteerde groei van Gansbaai vir die volgende 20 jaar te verseker.

Alhoewel daar in ‘n stadium heelwat druk op die munisipaliteit uitgeoefen is om die roete van ontsouting van seewater te gaan, het die munisipaliteit verkies om eerder te fokus op die ontginning van ondergrondse water. 

As daar gelet word op die sukses/teleurstellings wat in ander gebiede ondervind is met hierdie opsie, blyk dit dat die keuse van Munisipaliteit Overstrand in alle opsigte die beste resultate vir inwoners gelewer het.

Gegewe die omstandighede soos hierbo verduidelik, kan inwoners van Gansbaai (en Overstrand) verlig voel oor die gunstige posisie wat toegeskryf kan word aan goeie visie en gesonde langtermynbeplanning deur die Munisipaliteit Overstrand.

Die dorp tel nie verniet onder die finaliste in Kwêla se Dorp van die Jaar nie.

Pro-aktiewe optrede voorkom waterkrisis

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles