‘n Goeie vrou is die wenresep

‘n Goeie vrou is die wenresep

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overberg Vroue Landbou vereninging (VLV) het sy 84ste Sirkelkonferensie op 15 Maart in Bredasdorp met die tema, Aanpasbare Vroue, aangebied.

Sowat 150 lede van Overberg VLV het die konferensie in die ruim Absa-saal van Overberg Agri in Bredasdorp bygewoon. Pragtige naaldwerk, blommerangskikkings en ander kunste, asook gebak- en gebottelde artikels is uitgestal. Die konferensie-aktiwiteite is onder voorsitterskap van die sirkelpresident, Rienie Lüdick aangebied. Rienie is ook die voorsitter van Gansbaai VLV.

Groeteboodskappe is deur raadslid Zukiswa Tonisi, Onderburgemeester van die Kaap Agulhas-munisipaliteit, oorgedra.

 Raadslid Tonisi het die vroue van die sirkel aangemoedig om Overberg VLV-sirkel te vergroot deur meer vroue, wat mekaar kan help en ondersteun, te betrek.

Jan-Hendrik Human van die Bredasdorp Landbouvereniging, het op sy beurt groete-boodskappe van die boere-gemeenskap aan die vroue oorgedra. Hy het ‘n bejaarde, suksesvolle boer se wysheid met hulle gedeel: ‘n goeie vrou langs ‘n boer is ‘n resep vir sukses.

Die VLV-Kaaplandpresident, Karien van Schalkwyk, ‘n oud-Overberger, asook Cornie Swart, Agri Wes-Kaap President, het ook groete-boodskappe aan die vroue oorgedra.

‘n Mosie van dank aan alle Overbergse Landbouverenigings vir die skenking van voer deur mede-boere aan die droogte-geteisterde gebiede is deur die konferensiegangers aanvaar.

Die gasspreker tydens die sirkelkonferensie, Madri Bruwer, het waardevolle inligting oor Straatwerk-bedieninge in die Kaap aan die vroue oorgedra. Hierdie straatwerkers tree voorkomend op om te verhoed dat jong kinders in prostitusie verval en help met die opheffing en rehabilitasie van vroue in hierdie bedryf. “Deur elkeen van hierdie vroue se lewe loop daar lyne van trauma en aanvaarding as mens wat op ‘n sekere stadium van hulle ontneem is,” het Madri onder andere gesê. “Hier word die ‘Poppie’-projek met vrug ingespan om die uniekheid wat elke mens het, deur kunstig gebreide poppies tuis te bring.

Dr John Duminy, ‘n onkoloog van Hermanus, het as tweede gasspreker opgetree. Hy het na “Aanpasbare Vroue” verwys wat ook hul denke ten opsigte van kankervoorkoming en -behandeling vernuwe het. “Hulle skram nie weg van mammogramme nie en let op die voorkoming van sonskade en die gevare van rook,” het hy gesê.

In die kompetisie-afdeling het VLV-Bredasdorp gewys wat in hulle steek met die verowering van die Hugo-trofee vir die meeste punte wat behaal is, met Hermanus in die tweede plek en Gansbaai derde.

Die Gansbaai VLV-tak spog met 5 bekers wat tydens die Sirkelkonferensie ingepalm is: Die Consul Trofee vir die meeste punte behaal vir preservering, wat Miempie du Plessis van Gansbaai met Hermanus se Berta Koekemoer gedeel het; Die Presidentstrofee wat Gansbaai met Villiersdorp gedeel het; Ronel de Villiers wat die Mono Human Trofee ontvang het vir die mees uitstaande artikel in konferensie, Handvlyt en Kuns, asook Blommekuns vir haar uitstaande Quilling kaartjie wat sy gemaak het; Gansbaai het ook die Lydia Geldenhuys Trofee vir alle Kuns en Handvlyt artikels en Blommekuns ontvang.

Gansbaai-lede wat bygedra het tot die ontvangs van hierdie trofeë, is Ronel de Villiers, Rienie Lüdick, Sandra Badenhorst en Elizma de Lange. “Hartlike gelukwense aan al ons Gansbaai-lede wat aan die konferensiekompetisies deel-geneem het, Gansbaai VLV is trots op julle,” het Rienie Lüdick gesê.

‘n Goeie vrou is die wenresep

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles