Wynproewers kuier per bus

Wynproewers kuier per bus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Wyngilde se 22 lede en gaste was behoorlik soos sardyntjies ingeryg in die bussie waarmee hulle Vrydag, 10 Maart ‘n wynproetoer aangepak het.

Wynplase tussen Villiersdorp en Worcester is besoek.

Glasies met KWV brandewyn en Bakenskop se muskadelwyn is vooraf gereed gekry vir die opgewonde passasiers – hulle het mos nie nodig gehad om te bestuur nie.

“So opgewonde soos ‘n groep skoolkinders op pad na ‘n veldskool, kon mens amper die ‘oompie trap die petrol’-liedjie enige oomblik verwag,” vertel Nelleke Ferreira van die gilde. “Die arme busbestuurder het behoorlik sy hande vol gehad met 22 ‘backseat-drivers’ - elkeen met ‘n eie mening oor die Hermanuspad of die Caledonroete.”

Die eerste wynstop was Eagles Cliff Wynkelder, waar die groep gaande was oor die springbokke en zebras wat hulle ingewag het. Daar het wynmaker Christiaan Groenewald hulle verwelkom.

Christiaan het in 2013 die toekenning ontvang vir die “Diners Club Winemaker of the Year”.

Die proewyne was 2016 Eagles Cliff Sauvignon Blanc; 2016 Arendskloof Pinot Grigio; 2016 Eagles Cliff Pinotage; 2016 Arendskloof Voetspore Shiraz.

Die groep se tweede wynproestop was die Brandvlei Wynkelder (BC wines), waar Danie Conradie hulle van die beginfase van die wynmaakproses vertel het. Hulle kon ook die eienaardige smake van sap, mos en vaalwyn proe, alvorens die wynmaakproses begin.

Daarna is 3 witwyne en 3 rooiwyne geproe: 2016 Sauvignon Blanc; 2016 Chenin Blanc; 2016 Chardonnay; 2015 Ruby Cabernet Merlot versnit; 2015 Shiraz; 2015 Cabernet Sauvignon.

Die laaste besoekpunt was Cilmor Winery, waar wynmaker Quinton van der Westhuizen hulle ingewag het.

‘n “Welverdiende” middagete, na al die wynproewery, is bedien. Die groep het ook die voorreg geniet om van die wynkelder se “populêre reeks” en hul “Premium-reeks” se wyne te proe:

“Populêre reeks”: Fruity Bouquet, ‘n wit versnit van 50% Sauvignon Blanc en 50% Chenin Blanc; Candy Floss Rosé, ‘n gemaklike Rosé; Berry Juice Red, ‘n mengsel van rooi wyne.

“Premium reeks”: 2015 Chenin Blanc; 2015 Sauvignon Blanc; 2015 Merlot Rosé en 2015 Pinotage.

Met ‘n versadigde gevoel na die middagete, is vriende van die Wynproegilde, Jurgen en Miemie Noordermeer, by hul huis op die oewer van die Kwaggaskloofdam besoek. Daar is hulle bederf met ‘n kaasbord, nog wyn, asook bier of koffie vir diegene wat “uitgewyn” was.

Nelleke sê die komiteelede het hulself met die reëlings oortref, met spesiale dank aan lede Steve Donnely, Theuns Roodman (voor-sitter) en die De Witt-gesin.

Wynproewers kuier per bus

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles