Lighuis na lighuis 'n lekker uitdaging

Lighuis na lighuis 'n lekker uitdaging

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die gesogte Lions Light-house to Lighthouse bergfietsren word oor die naweek van 8 en 9 April aangebied.

Dit is die 17de keer dat Gansbaai Lionsklub die rit aanbied.  Deelnemers kan hul gereed maak vir pragtige natuurtonele wanneer hulle deur natuurreservate en plase waar die gewone burger nie normaalweg toegang kry nie, gaan fietstrap.

Die Lions bied die wedren aan ter stywing van dié diensorganisasie se fondse.

Fietsryers wat nie kans sien vir die afstand nie, kan slegs die Saterdag-enkelroete van Danger Point tot by Agulhas doen.

Daar is vier waterpunte op die roete en deelnemers slaap Saterdagaand in Agulhas-karavaanpark, vanwaar hulle weer die volgende dag terug ry.

Die Lions sal sorg dat ryers se tente van Gansbaai na Agulhas en terug vervoer word. Enkelritdeelnemers se voertuie sal ook in Agulhas besorg word, sodat hulle daarmee kan terugkeer.  Meer besonderhede oor die fietswedren kan verkry word van Pieter de Villiers by 083 628 9826 of op www. roag.co.za of op hul Facebook-blad:  Gansbaai Lions Club.

Ondersteun die Lions

Die Lionsklub nooi mense wat betrokke wil raak by hul gemeenskap, om by sy vergaderings te gaan inloer.

Die volgende vergadering vind Dinsdagaand, 4 April plaas.  Skakel Boats van Staden by 072 789 3627 vir meer besonderhede.

Operation Bright Sight

Die Lions is bekend vir die goeie werk wat met Opera-tion Bright Sight gedoen word.  Mense met swak sig, wat dit nie kan bekostig om ‘n bril aan te skaf nie, word deur die Lions gestuur vir ‘n oogtoets en ‘n bril, waarvoor die organisasie betaal.

Kospakkies

Die Lions help ook met kospakkies waar hulle bewus is van nood en voorsien op ‘n maandelikse basis voedsel aan die Elim-kinderhuis, Laerskool Okkie Smuts en werk nou saam met pastoor Frikkie Zeelie.

Soos wat die 19 aktiewe lede al agtergekom het, raak die lewe lekkerder hoe meer jy van jouself gee. Is dit nie tyd dat jy uitreik nie?

Lighuis na lighuis 'n lekker uitdaging

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles