Gansbaai Primêr vier hulle 70 jaar fees

Gansbaai Primêr vier hulle 70 jaar fees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Op-en-wakker laerskool soos Gansbaai Primêr, onder leiding van hulle skoolhoof, Tommy Volkwyn, word nie 70 jaar “oud” nie, maar 70 jaar “jonk”.

Ter viering van die skool se 70ste bestaansjaar, beplan hulle heelparty spoggeleenthede gedurende die loop van die jaar, onder andere ‘n konsert, ‘n dinee, ‘n feesdans en ‘n dankdiens.

“Ons het weggespring met ‘n prestige funksie Vrydag, 24 Maart 2017 waar die skool se Mej Gansbaai Junior en Mej Gansbaai Senior aangewys is,” sê Tommy.

“Dit was ‘n pragtige en besonderse geleentheid wat groot belangstelling onder die juniors, graad 1- 3, asook die seniors, graad 4 - 7, uitgelok het.”

‘n Totaal van 25 dogters het vir die kompetisie ingeskryf, wat almal ewe pragtig gelyk het. Die deelnemers het eers in informele drag paradeer en daarna in aanddrag. Die beoordelaars moes behoorlik kopkrap voordat die wenners aangewys is.

In die junior afdeling is Mia Verhoog as Mej Gansbaai Junior aangewys, Duanne Kgoro as 1ste Prinses en Natasha Anthony as 2de Prinses.

Die hoogtepunt van die aand was die aanwys van die wenners in die senior afdeling.

Farren Appel is as Mej Gansbaai Senior aangewys, Tazneen Baartman as 1ste Prinses en Clarise Marang as 2de Prinses.

Geskiedenis-oorsig

Die area wat as Blompark bekend staan, is aanvanklik die Groenewaldskema genoem - vernoem na die kontrakteur, ene Groenewald, wat die eerste huise gebou het. Die woongebied is geskep as woongebied vir bruin mense wat gedurende die apartheidsjare daarheen verskuif is.

Voor die verskuiwing het die mense in ‘n area wat as die “Nette Bane” bekend was, gewoon. Daar het alles om die skool gedraai, wat destyds ‘n plankgebou was wat vas teenaan ‘n kliphuis gebou is waar die skoolhoof en sy gesin gewoon het.

Die plankgeboutjie is vir die skool, kerkdienste, begrafnisdienste, kerkbasaar en konserte gebruik.

In 1959 het die gemeenskap vanaf die “Nette Bane” na die Groenewaldskema verskuif, maar die plankskooltjie het agtergebly, aangesien daar nog nie genoeg huise vir almal was nie.

Met die verskuiwing van die skool op ‘n later stadium, is klasse in die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk se saal aangebied, met oggend- en middagskofte. Vandaar die aanvanklike naam: Gansbaai NG Sendingkerk Primêr.

In 1977 word die nuwe skool, ‘n voorafvervaardigde gebou, op die perseel waar dit tans staan, in gebruik geneem. Aanvanklik is onderrig net tot standerd 4 aangebied. Vir standerds 5 en 6 moes die kinders na Stanford gaan. Die skool se leerplan is uitgebrei wat later vir kinders tot by standerd 5 voorsiening gemaak het en nog later tot standerd 9.

Tans is die leergang vanaf graad R tot graad 7 (ou standerd 5).

Skoolhoofde wat oor die jare heen die leiding geneem het, was mnre Justice, Smith, Fielies, Gibson, Hess en Arizon, asook me Cynthia Botha.

Tommy Volkwyn is 7 jaar gelede, op 1 Julie 2010, as skoolhoof aangestel en sedertdien was Gansbaai Primêr nog net op ‘n pad van sukses.

Gansbaai Primêr vier hulle 70 jaar fees

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles