Gansbaai Primêr vier hulle 70 jaar fees

Gansbaai Primêr vier hulle 70 jaar fees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Op-en-wakker laerskool soos Gansbaai Primêr, onder leiding van hulle skoolhoof, Tommy Volkwyn, word nie 70 jaar “oud” nie, maar 70 jaar “jonk”.

Ter viering van die skool se 70ste bestaansjaar, beplan hulle heelparty spoggeleenthede gedurende die loop van die jaar, onder andere ‘n konsert, ‘n dinee, ‘n feesdans en ‘n dankdiens.

“Ons het weggespring met ‘n prestige funksie Vrydag, 24 Maart 2017 waar die skool se Mej Gansbaai Junior en Mej Gansbaai Senior aangewys is,” sê Tommy.

“Dit was ‘n pragtige en besonderse geleentheid wat groot belangstelling onder die juniors, graad 1- 3, asook die seniors, graad 4 - 7, uitgelok het.”

‘n Totaal van 25 dogters het vir die kompetisie ingeskryf, wat almal ewe pragtig gelyk het. Die deelnemers het eers in informele drag paradeer en daarna in aanddrag. Die beoordelaars moes behoorlik kopkrap voordat die wenners aangewys is.

In die junior afdeling is Mia Verhoog as Mej Gansbaai Junior aangewys, Duanne Kgoro as 1ste Prinses en Natasha Anthony as 2de Prinses.

Die hoogtepunt van die aand was die aanwys van die wenners in die senior afdeling.

Farren Appel is as Mej Gansbaai Senior aangewys, Tazneen Baartman as 1ste Prinses en Clarise Marang as 2de Prinses.

Geskiedenis-oorsig

Die area wat as Blompark bekend staan, is aanvanklik die Groenewaldskema genoem - vernoem na die kontrakteur, ene Groenewald, wat die eerste huise gebou het. Die woongebied is geskep as woongebied vir bruin mense wat gedurende die apartheidsjare daarheen verskuif is.

Voor die verskuiwing het die mense in ‘n area wat as die “Nette Bane” bekend was, gewoon. Daar het alles om die skool gedraai, wat destyds ‘n plankgebou was wat vas teenaan ‘n kliphuis gebou is waar die skoolhoof en sy gesin gewoon het.

Die plankgeboutjie is vir die skool, kerkdienste, begrafnisdienste, kerkbasaar en konserte gebruik.

In 1959 het die gemeenskap vanaf die “Nette Bane” na die Groenewaldskema verskuif, maar die plankskooltjie het agtergebly, aangesien daar nog nie genoeg huise vir almal was nie.

Met die verskuiwing van die skool op ‘n later stadium, is klasse in die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk se saal aangebied, met oggend- en middagskofte. Vandaar die aanvanklike naam: Gansbaai NG Sendingkerk Primêr.

In 1977 word die nuwe skool, ‘n voorafvervaardigde gebou, op die perseel waar dit tans staan, in gebruik geneem. Aanvanklik is onderrig net tot standerd 4 aangebied. Vir standerds 5 en 6 moes die kinders na Stanford gaan. Die skool se leerplan is uitgebrei wat later vir kinders tot by standerd 5 voorsiening gemaak het en nog later tot standerd 9.

Tans is die leergang vanaf graad R tot graad 7 (ou standerd 5).

Skoolhoofde wat oor die jare heen die leiding geneem het, was mnre Justice, Smith, Fielies, Gibson, Hess en Arizon, asook me Cynthia Botha.

Tommy Volkwyn is 7 jaar gelede, op 1 Julie 2010, as skoolhoof aangestel en sedertdien was Gansbaai Primêr nog net op ‘n pad van sukses.

Gansbaai Primêr vier hulle 70 jaar fees

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Stop Searching Outside Yourself for What’s Inside You

Many people arrive at coaching because they are exhausted.

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

WHEN OTHER PEOPLE'S PAIN FEELS LIKE YOUR RESPONSIBILITY

As we continue this week's journey into self-love and self-kindness...

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

Fynbos After Fire: Wildflowers and Invasive Control

You will be delighted to know that this gorgeous yellow bloom is called Moraea pyrophila...

Grootbos Foundation
Under the Microscope: Eyes in Focus

Under the Microscope: Eyes in Focus

What's under the microscope this week? 

Grootbos Foundation
Curro Winter Open 2026

Curro Winter Open 2026

Vyf van ons Gansie-skaakleerders het die afgelope naweek aan die Curro Winter Open 2026 deelgeneem.

Laerskool Gansbaai
WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

WE SHOULD HAVE STAYED LONGER

Just two hours from Cape Town lies a coastline of rugged beauty, ancient landscapes, marine wildlife and small-town hospitality.

Saxon Lodge
See All Articles