Vasgetroud | Anton Goosen & Estie troue

Vasgetroud | Anton Goosen & Estie troue

Jeanré Du Plessis Photography

Anton Goosen & Estie Geldenhuys trou.

Trou is n lekker ding! Liedjieboer se kruidjie geroer.

Die Suid Afrikaanse musiek legende, Anton Goosen, se kruidjie is geroer!

Anton Goosen en Estie Geldenhuys het op Saterdag 17 Junie 2017 hul liefde tot mekaar bevestig op n gasteplaas (stanford Valley guestfarm) net buite Stanford in die Overberg. Onder 2 eike bome, met die winter sonnetjie wat net-net nog oor die berge loer,het hul familie en hegte vriende in n sirkel om hulle gesit om in die vreugde te deel.

Alles omtrent die dag was prentjie mooi!

Vanaf vroegdag was ek en my assistent fotograaf (en broer), Francois de Bod, daar om elke oomblik vas te vang. Oral waar ons onsself bevind het, het n glimlaggende gesiggie kop uitgesteek. Dit het nie veel gevat om raak te sien hoe almal borrel van opgewondeheid vir die couple! Estie en Anton is soos vinkel en koljander, sout en peper.Die liefde wat hul na nege jaar saam nogsteeds teenoor mekaar toon is so mooi...soentjies en drukkies en gesiggies trek en al tergend was hul op hul troudag, nes n couple wat gister verlief geraak het.

As ek moet wegtrek en begin skryf oor al die mooi en giggel oomblikke van die dag sal ek sweerlik nooit ophou nie.

Dozi sing vir Estie

Hier onder is n (onvolledige en baie slegte kwaliteit) opname van n liedjie wat Dozi aan Estie opgedra het sommer so daar op n stoel in haar kamer waar die beautician haar nog mooier maak. Hy sit voete sonder skoene, maar goud in sy hart terwyl hy tokkel op die kitaar.

"Hoor gou, Esta.Ek se dis n presentjie van Anton af aan jou hoor. Okay, so die gevoel wat jy nou gaan voel gaan julle saam voel as julle die video vir mekaar terugspeel."- Dozi

En Dozi sing-"Somtyds kos dit net n wonderwerk.Somtyds kos dit net n bietjie tyd om mekaar te verstaan, veral op hierdie aand.Ek en jy is soos n klein gedagte in mekaar se oe met groot verwagting. Ek wil die sterre daarmee maak. Soen my. Soen my.Op my mond. diep in my siel gegrond. vat my. vat my soos ek is......."

Ek hoop ek kan met die deel van hul fotos die storie verder vertel...Ek is tog n fotograaf en nie n skrywer.

Kopiereg - Jeanré du Plessis

Vasgetroud | Anton Goosen & Estie troue

Jeanré du Plessis

Welcome to Jeanré du Plessis Photography! Specializing in wedding, family, couple, and personal branding photography since 2010, Jeanré is passionate about capturing the true essence of people and their connections. With a unique and moody artistic style, Jeanré's photographs are characterized...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles