Marlize Hannekom (Du Plessis) van PSG Konsult van Harry de Jager, is die gelukkige maandwenner van Oktober 2012 se Voortreflike Dienskompetisie. Hierdie kompetisie word deur Gansbaai Sakekamer, in samewerking met Gansbaai Courant en met Kaapse Verbruikers (Edms) Beperk as die hoofborg, aangebied. Marlize staan nou ‘n kans om Kaapse Verbruikers (Edms) Beperk se prys ten bedrae van R2,500 te wen, asook ‘n verdere R2,500 wat sy aan ‘n verdienstelike organisasie van haar keuse kan oorhandig. As maandwenner ontvang Marlize ook die R100 Gansbaai OK Foods geskenkbewys. Marlize is in Oudsthoorn gebore en getoë. As enigste dogter tussen 2 broers het sy in Oudtshoorn skoolgegaan, gematrikuleer, daar gewerk en selfs daar getrou. Haar ouers is Leon en Maria du Plessis, maar haar vader is reeds oorlede. Ná skool begin sy by die Klein Karoo Koöperasie in Oudsthoorn werk, waar sy vir sowat 11 jaar gewerk het, voordat sy saam met haar gesin na Gansbaai verhuis het. Op 12 Desember 1998 tree sy met Albertus Hanekom in die huwelik en twee seuns, Johannes (10) en Daniel (7), is uit die huwelik gebore. Marlize sê haar enigste “stokperdjie” is om soveel tyd as moontlik saam met die “3 manne in haar lewe” deur te bring, wat ondersteuning aan die seuns langs die sportvelde insluit. Die gesin het sowat 5 jaar gelede na Gansbaai verhuis waar Albertus sy eie besighede, Gansbaai Scrap Metal en Albertus Outboards, oopgemaak het. Hy was ook Augustus 2011 se maandwenner van hierdie kompetisie. Marlize begin haar dienste by PSG Konsult sowat 3 jaar gelede en het intussen ‘n gewilde persoonlikheid onder kliënte geraak. “Ek is baie verras omdat ek Oktober se maandwenner is,” het Marlize gesê. “Ek is lief om met mense te werk en ek glo ‘n belangrike aspek daarvan is om voortdurende respek te betoon.” Fanie Bothma, voorsitter van Gansbaai Sakekamer, het dit weer eens beklemtoon dat die gemeenskap aangemoedig moet word om enige persoon in enige besigheid in Gansbaai en omgewing te nomineer om in aanmerking vir die kompetisie te kom. "Ons wil graag hoor van persone wat voortreflike diens aan die publiek lewer, aangesien goeie dienslewering baie vir Gansbaai en die omgewing beteken," sê hy. Vorms vir hierdie doel kan by Gansbaai Sakekamer of by Gansbaai Courant se kantore afgehaal word. Op Marlize se nominasievorm word onder ander verwys na: “Uitstaande vriendelikheid en geduld; Sy doen wat sy belowe het om te doen; Sy hou aan totdat ‘n verlangde diens of benodigde inligting bekom is; Marlize is ‘n goeie voorbeeld van voortreflike dienslewering aan die publiek.” Hardus Botha
Voortreflike Dienskompetisie - Oktober 2012
29 November 2012Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students
The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...
How Much of Yourself Have You Left Behind?
One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.
Stanford Youth Complete Employability Training
These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream
One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see.
A Creative Photography and Writing Challenge
Take a photograph of something that catches your attention.
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders
Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...










