Voortreflike Dienskompetisie - Oktober 2012

Voortreflike Dienskompetisie - Oktober 2012

Gansbaai Courant

Marlize Hannekom (Du Plessis) van PSG Konsult van Harry de Jager, is die gelukkige maandwenner van Oktober 2012 se Voortreflike Dienskompetisie. Hierdie kompetisie word deur Gansbaai Sakekamer, in samewerking met Gansbaai Courant en met Kaapse Verbruikers (Edms) Beperk as die hoofborg, aangebied. Marlize staan nou ‘n kans om Kaapse Verbruikers (Edms) Beperk se prys ten bedrae van R2,500 te wen, asook ‘n verdere R2,500 wat sy aan ‘n verdienstelike organisasie van haar keuse kan oorhandig. As maandwenner ontvang Marlize ook die R100 Gansbaai OK Foods geskenkbewys. Marlize is in Oudsthoorn gebore en getoë. As enigste dogter tussen 2 broers het sy in Oudtshoorn skoolgegaan, gematrikuleer, daar gewerk en selfs daar getrou. Haar ouers is Leon en Maria du Plessis, maar haar vader is reeds oorlede. Ná skool begin sy by die Klein Karoo Koöperasie in Oudsthoorn werk, waar sy vir sowat 11 jaar gewerk het, voordat sy saam met haar gesin na Gansbaai verhuis het. Op 12 Desember 1998 tree sy met Albertus Hanekom in die huwelik en twee seuns, Johannes (10) en Daniel (7), is uit die huwelik gebore. Marlize sê haar enigste “stokperdjie” is om soveel tyd as moontlik saam met die “3 manne in haar lewe” deur te bring, wat ondersteuning aan die seuns langs die sportvelde insluit. Die gesin het sowat 5 jaar gelede na Gansbaai verhuis waar Albertus sy eie besighede, Gansbaai Scrap Metal en Albertus Outboards, oopgemaak het. Hy was ook Augustus 2011 se maandwenner van hierdie kompetisie. Marlize begin haar dienste by PSG Konsult sowat 3 jaar gelede en het intussen ‘n gewilde persoonlikheid onder kliënte geraak. “Ek is baie verras omdat ek Oktober se maandwenner is,” het Marlize gesê. “Ek is lief om met mense te werk en ek glo ‘n belangrike aspek daarvan is om voortdurende respek te betoon.” Fanie Bothma, voorsitter van Gansbaai Sakekamer, het dit weer eens beklemtoon dat die gemeenskap aangemoedig moet word om enige persoon in enige besigheid in Gansbaai en omgewing te nomineer om in aanmerking vir die kompetisie te kom. "Ons wil graag hoor van persone wat voortreflike diens aan die publiek lewer, aangesien goeie dienslewering baie vir Gansbaai en die omgewing beteken," sê hy. Vorms vir hierdie doel kan by Gansbaai Sakekamer of by Gansbaai Courant se kantore afgehaal word. Op Marlize se nominasievorm word onder ander verwys na: “Uitstaande vriendelikheid en geduld; Sy doen wat sy belowe het om te doen; Sy hou aan totdat ‘n verlangde diens of benodigde inligting bekom is; Marlize is ‘n goeie voorbeeld van voortreflike dienslewering aan die publiek.”      Hardus Botha

Voortreflike Dienskompetisie - Oktober 2012

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles