Blog

Riaan & Chantelle Victor Wedding

Riaan & Chantelle Victor Wedding

Jeanré Du Plessis Photography

Ek kan nie beskryf hoe trots ek voel om deel te kon wees van die ongelooflike mense se spesiale dag. Ons almal ken vir Riaan vandat hy nog jonk en stout was... ek sé nie dat hy nie nou meer stout is... maar hy het in n ongelooflike man verander en het die pragtigste vrou gekies met dieselfde mooi waardes as hy.

Ai julle... ek moes mooi konsentreer om traantjies terug te hou. Ek dink ons almal (die hele Gansbaai) wat die dag saam met jul gedeel het kan getuig van die liefde wat jul vir mekaar het. Baie dankie dat jul my as fotograaf gekies het!

Op Saterdag oggend, 22 Desember, het ek die pad aangepak na die mooie en ook bitter warm Bonnievale. Sowat 13 kilometer voor Bonnievale op die boesmansrivier pad het ek afgedraai en is die berg op. By Kampala gaste plaas gekom, was my asem weggeslaan! Wie sou kon dink dat so juweel van n plek hier in die Breederivier Vallei skuil. Die uitsig is asemrowend! Ek het dadelik begin uitsien na sonsak, want ek het geweet hier gaan ons vanaand iets uit n sprokie sien!

Ek is sommer dadelik verwelkom en is na die "Backstage" huis geneem waar Chantelle en haar gevolg deur die talentvolle Arusha Marlene bederf is met haarstillering en grimering.

Ek wil nou nie almal verveel met my woorde nie, juis daarom dat ek my weergawe van die storie visueel hieronder uitbeeld deur my lens.

Hier volg n lysie van die wonderlike verskaffers wat Chantelle en Riaan se dag so spesiaal gemaak het:

  • Grimering en hare - Arusha Marlene Makeup & hair
  • Trourok - Tracey's bridal
  • Bruidsmeisies se rokke - Ms hoity toity
  • Naels - Ahava beauty
  • Kos - Oor die kole spitbraai
  • Poedings - Bottled delight Annerie Smit
  • Ligte - The tentmen
  • Venue - Kampala guest farm
Riaan & Chantelle Victor Wedding

Jeanré du Plessis

Welcome to Jeanré du Plessis Photography! Specializing in wedding, family, couple, and personal branding photography since 2010, Jeanré is passionate about capturing the true essence of people and their connections. With a unique and moody artistic style, Jeanré's photographs are characterized...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Chaka is Looking for a Loving Retirement Home

Chaka is Looking for a Loving Retirement Home

Meet Chaka, a beautiful senior dog who is searching for a calm and loving retirement home.

BARC Animal Welfare
Happy Father's Day

Happy Father's Day

To the dads who opened doors we never knew existed...

Seeing the Horizon Again

Seeing the Horizon Again

There is a moment that arrives in many entrepreneurial journeys that often goes unnoticed.

Horticulture Students Learn Landscaping and Clivia Propagation

Horticulture Students Learn Landscaping and Clivia Propagation

Here are some of the horticulture students with the tools that come with the job of landscaping, land and nursery management.

Grootbos Foundation
Academia Girls Selected for Boland Rugby Team

Academia Girls Selected for Boland Rugby Team

The Principal of Gansbaai Academia, Wilton Phillips, congratulated the Under 15 Rugby girls...

Grootbos Foundation
21 June 2026: Father's Day Menu

21 June 2026: Father's Day Menu

This Sunday spoil Dad with great food, good company and a complimentary glass of Lomond Aristea Chenin Blanc.

Great White House
See All Articles