Mnr Spar Wes-Kaap

Mnr Spar Wes-Kaap

Gansbaai Courant

Morkel van Niekerk van Gansbaai Superspar wat onlangs as Mnr Spar Wes-Kaap aangewys is

Die titel, Mnr Spar Wes-Kaap is nie 'n ligtelike eer wat Morkel van Niekerk van Gansbaai Superspar te beurt geval het nie. Dit is 'n besonderse prestasie. Morkel is verlede Donderdag, 22 November 2012 as Mnr Spar Wes-Kaap aangewys en is nou die trotse houer van 'n pragtige Wisseltrofee en sertifikaat.

"Dit is wel 'n baie groot eer, maar 'n toekenning soos hierdie is nie moontlik sonder my twee broers en die ander twee vennote nie, óf sonder die personeel, ander Spar-winkels óf ons kliënte nie. Dit is 'n reuse spanpoging en hierdie bedryf kan eintlik as 'n 'spansport' beskryf word," was Morkel se eerste woorde tydens die onderhoud. Sharon Carelse van Spar Hoofkantoor in die Kaap beskryf die toekenning soos volg: "Hierdie toekenning gaan aan 'n individu wat buitengewone leierskap binne die Spar Groep toon en homself as voorbeeld gebruik om andere te lei. Terselfdertyd lewer so 'n persoon 'n uitstaande bydrae tot die groei van die groep en beskik hyself ook oor 'n uitstaande winkel."

Die Besturende Direkteur: Spar Wes-Kaap, Mario Santana, het tydens die oorhandiging gesê: "Morkel was a person with incredible presence and he is passionate about the Spar brand." In die Sparway Magazine is onder andere die volgende geskryf: "Respected by his fellow retailers, Morkel van Niekerk was the 31st recipient of this prestigious award. The coveted award goes to an individual who shows exceptional leadership within the Group, to someone who leads by example. This person must contribute to the growth of the group, and must have an excellent store." Slegs een persoon word jaarliks uit al die winkels gekies (tans sowat 162), wat die Spar Groep as 'n ere-verteenwoordiger van die groep beskou en wat ook aan 'n bepaalde hoë standaard kreteria moes voldoen. Morkel is een van drie broers, De Wet en Bern van Niekerk. Morkel en De Wet het vanaf Malmesbury na Gansbaai gekom.

Morkel is 'n gekwalifiseerde Geregistreerde Rekenmeester (CA) wat sy eie praktyk gehad het en De Wet was vir sowat 25 jaar by die bankwese betrokke. Bern was Medi-Kliniek se Hoofkantoor in Stellenbosch se Bate-bestuurder. Gansbaai Superspar was hulle eerste Sparwinkel wat hulle in die kleinhandelbedryf ("retail") aangedurf het en wel met ingang van April 2005, minder as 8 jaar gelede, wat hulle vooruitgang en suksesse des te meer be-klemtoon. Drie jaar later, gedurende April 2008, koop die drie broers Kleinmond se Superspar, met Gerhard le Roux wat as vennoot bygekom het. Gedurende Januarie 2010 word Eastcliff Spar in Hermanus deur hulle oorgeneem en gedurende November dieselfde jaar koop hulle Bredasdorp Superspar, met Jan van Litsenborgh wat daar as 'n vennoot bygekom het. "Ons het uit broers uitgehardloop en moes toe vir Gerhard en Jan as vennote bykry," het Morkel geskerts. Drie Supersparre plus 'n Spar binne die bestek van minder as 8 jaar laat hierdie drie gedugte Van Niekerk broers sonder twyfel as Spar se "Drie Musketiers" uitstaan. Maar Gansbaai Superspar was nie net Mr Spar vir Morkel nie. Tydens dieselfde vergadering is daar ook 'n Chev (Opel) 1400 Corsa bakkie met 'n gelukstrekking gewen. "Jaarliks word daar deur middel van 'n bepaalde kriteria na Spar-eienaars gekyk en word die tien mees uitstaande eienaars se name vir die vergadering gehou. Name word getrek en wie sou vanjaar se wenner wees?.....Niemand anders as De Wet van Niekerk nie. "Hierdie was die derde jaar wat ons so bevoorreg was dat ons name onder die eerste tien was. Die eerste jaar het Morkel name getrek en daarna Bern, sonder om te wen, terwyl ek nou vanjaar se gelukkige wenner is," vertel De Wet.

Morkel is met Chrizülene, self 'n bedrywige gemeenskapspersoonlikheid, getroud en die egpaar het drie kinders: Zulene (12), Jannika (11) en Anrie (8). Gansbaai Superspar staan ook allerweë bekend as entoesiastiese gemeenskapsondersteuners op vele gebiede in die dorp en omgewing.
Hardus Botha

Mnr Spar Wes-Kaap

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Find Your Dream Home: Explore Our Range of Properties Today!

Dive into our selection of available properties and find the perfect home that matches your lifestyle and preferences.

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Great News! These Puppies Found Their Forever Homes!

Thanks to your support, all the adorable puppies in our photos have been adopted!

BARC Animal Welfare
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 10)

In Deel 10 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

You, the Upstart Entrepreneur- Are you an asset or a liability?

If you're an aspiring entrepreneur, you've probably taken all the necessary steps to start your business. 

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Affordable Second-Hand Clothing and Shoes

Exciting news! Belle Vous has just received a fresh batch of second-hand clothing and shoes.

Belle Vous
Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Next Marine Dynamics Shark Cage Diving Trip: 18 April 2024

Ready for an adrenaline-packed Thursday? 

See All Articles