Front Page - Druk Feestyd verwag

Front Page - Druk Feestyd verwag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die toestroming van vakansiegangers word by al die omgewing se karavaanparke en kampeerterreine vanaf Vrydag verwag. Volgens die oordbestuurders van Uilenkraalsmond, Strandskloof en Gansbaai Karavaanpark is hul so te sê vol bespreek tussen Kersfees en Nuwe Jaar.     

“Baie laat besprekings word steeds gedoen maar op hierdie stadium is die besetting oor die hele feestyd reeds baie beter as verlede jaar,” het Johan Botha van Uilenkraalsmond gesê. Hierdie tendens word deur die ander oordbestuurders bevestig. ‘n Pluspunt is dat Uilenkraalsriviermond oopgespoel en die water mooi skoon is vir die kinders om in te baljaar. Volgens Glenda Kitley, bestuurder van Gansbaai Toerisme Buro, is alle selfsorgeenhede reeds tussen 22 Desember en 2 Januarie vol bespreek. Vir die res van die tyd is daar nog beperkte geleenthede oor. Dieselfde geld vir Bed-en-Ontbyt verblyf wat oor die algemeen, net soos die selfsorgeenhede, beter besetting het as verlede jaar. Besoekers kan gerus ‘n draai by Gansbaai Toerisme se Inligtingsentrum maak, of skakel hulle by 028 384 1439. Die omgewing bied baie meer as net hengel- en strandpret en die vriendelike inligtingspan sal dit met graagte aan besoekers bekendstel.

Francois de Jongh

Front Page - Druk Feestyd verwag

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles