Tewaterlating van Samurai

Tewaterlating van Samurai

Gansbaai Courant

"Ek het twee groot drome vir myself gekoester. Die een was om 'n vlieglisensie te bekom en die tweede was om my eie groot boot te besit," vertel Louw Hugo, eienaar van Hugo Offshore Kelp Harvesting. "Met die tewaterlating van my eie boot, Samurai, is my tweede droom nou ook verwesentlik." Louw se spogboot, Samurai, is op Sondag, 9 Desember in Gansbaai hawe te water gelaat en sodoende is sy tweede groot droom binne die bestek van een jaar verwesentlik.

Skipper en eienaar Louw Hugo staan trots agter die stuur van sy boot, Samurai, nadat te water gelaat is

Samurai is 'n 12.5 meter volledig toegeruste T-Craft dubbelromp boot. Louw vertel dat slegs 'n kaal romp aanvanklik aangekoop is. Daarna het die beplanning en bou van die boot begin, wat binne die relatiewe kort bestek van een jaar afgehandel is. "Saam met my vriende en helpers was dit harde werk met vele sweet en duisende rande se kostes," vertel 'n trotse en dankbare Louw.

Louw Hugo saam met sy eggenote, Noelene en hulle 8-jarige dogtertjie, Monique voor Louw se boot, Samurai

Hy is met Noelene getroud en die egpaar het 'n 8-jarige dogterjie, Monique, wat altwee byna meer opgewonde as Louw is. Die sierraad van 'n boot is onder andere met 'n kombuis en toilet toegerus, asook slaapplek vir 6 mense, wat 'n dubbelbed insluit. Die kaste vertoon uiters netjies en die binnekante daarvan, asook die laaie, is netjies met 'n helderblou vilt, soos die blad van 'n snoekertafel, uitgeplak. Met verwysing na Louw se eerste droom, was die verwesentliking daarvan in 2008 met die verkryging van sy vlieglisensie om 'n RAF 2000 Gyrohelikopter te kan vlieg. Voorwaar twee groot drome wat verwesentlik is. Waar 'n wil is, is 'n weg!

Louw se nuwe maatskappy, Samurai Fishing Charters, maak onder andere vir die volgende met Samurai voorsiening: Tuna- en marlynhengel, kreeftrek, boothengel vir hengelaars, families en gesinne, sosiale seevaarte vir ontspanning en/of spesiale geleenthede soos byvoorbeeld verlowings, asook skemerkelk-, romantiese sonsondergang- en ander sosiale seevaarte. "Wat uniek gaan wees, is dat gesinne of belangstellendes net sal kan opklim en alle benodigdhede en toerusting sal verskaf word, wat by die prys ingesluit sal wees," vertel Louw.

Hy hou graag die volgende bedankings voor: Frank Rutzen vir die netjiese veselwerk, Jannie van CNC Sweis en Staal vir die netjiese vlekvrye staalwerk, Jacques Potgieter vir sy netjiese spreiwerk, Marius Schoeman vir al sy hulp en 'n baie goeie vriend van hom wat vir die netjiese kaste verantwoordelik was. "Dan ook baie dankie aan my vrou, Noelene vir al haar geduld en senuwees wat getap is!"

Vir enige navrae rakende toekomstige besprekings van Samurai-seevaarte of -hengelvaarte kan Louw Hugo by 082-698-2917 geskakel word, of stuur 'n epos aan hom by louw_hugo@yahoo.com.

Hardus Botha

Tewaterlating van Samurai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles