Verantwoordelik versus onverantwoordelik

Verantwoordelik versus onverantwoordelik

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gedurende al die onlangse betogings, stakings, afbranding en onverantwoordelike optredes, hetsy met of sonder goeie redes, het die 71-jarige Johannes Brett van Blompark gewys wat die teendeel van onverantwoordelikheid behoort te wees wanneer 'n mens met verantwoordelikheid gevul is.

Johannes Brett se motor wat agteruitgeloop het en byna deur 'n betonomheining in De Kelders gebars het.

Johannes het 'n tyd gelede iemand vir werk in De Kelders gaan aflaai. Sy motor het gestol en wou nie weer aan die gang kom nie. Hy het op sy eie probeer om dit teen 'n effense afdraende weer aan die gang te kry. Die motor het egter te vinnig vir hom begin loop en hy het homself byna beseer deur dit te probeer stop. Die gevolg was dat dit twee gedeeltes van 'n betonomheining disnis geloop het. Gelukkig was daar feitlik geen skade aan sy voertuig nie, maar die betonomheining is platgery. Dit was 'n groot skrik vir hom, terwyl hy hartprobleme het en ook nie geweet het hoe die eienaar teenoor hom gaan optree nie. Sy vrese oor die eienaar se optrede is besweer toe diè hom vriendelik groet en eers vra hoe voel hy en of hy seergekry het, alvorens daar na die skade gekyk is.

Lang storie kort: Johannes het summier aangebied om die heining te laat herstel en ook woord gehou deur toe te sien dat die heining reeds op dieselfde dag herstel word, met enkele afrondingswerk die volgende dag. Geen ontkenning, geen arrogante of onverskillige houding nie, geen leuens of valse beloftes nie, geen pogings om van sy verantwoordelikheid weg te vlug nie. Net eerlikheid, opregtheid en die hou by sy woord wat hy gegee het.

Johannes Brett en sy eggenote, Rigiena in hul huis in Blompark

Johannes is op 28 Januarie 1941 gebore en was oorspronklik in die landbou op 'n plaas naby Napier betrokke. Op 12 Desember 1959, reeds meer as 'n halfeeu gelede, tree hy met Rigiena (73) in die huwelik. (Vanjaar se huweliksherdenking dus op 12/12/12!). Sewe kinders is uit die huwelik gebore, waarvan sommiges bekendes in die omgewing is: Sammy, George, Elsa, Debora, Ritta, Lisbeth en Dina (oorlede). Die egpaar spog met 21 kleinkinders en 16 agterkleinkinders. Sowat 43 jaar gelede het die gesin na Gansbaai verhuis, waar Johannes vir 25 jaar as visserman op see gewerk het. "As gevolg van my hart het die dokters my laat aftree en is ek nou al vir jare 'n rustige pensioenaris, maar steeds aan die gang met allerlei dinge," vertel Johannes, 'n lewende definisie van verantwoordelikheid en opregtheid.
Hardus Botha

Verantwoordelik versus onverantwoordelik

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles