Brand laat skrik

Brand laat skrik

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die skielike brand langs die R43 tussen die Kleinbaai- en Franskraalafritte op Oujaarsdag is vinnig en effektief onder beheer gebring. Die brand het inwoners groot laat skrik, veral naby Stepat-Garten en Masakhane. Overstrand Brandweer is deur twee helikopters en 'n brandbestrydingsvliegtuig bygestaan.

Philip Schreck van BARC, wat in Stepat-Garten se woonhuis woon, het gesien hoe die vlamme oor die bult aankom, direk nadat die brand ontstaan het. Hy het die brandweer gekontak, wat binne enkele minute op die toneel was, asook die verkeersafdeling, polisie en Overstrand Medical Response. "Die brand is sowat 200 meter van my woning af gestop, waarna dit omgeswaai het in die rigting van Masakhane," vertel Philip. "Een van die helikopters het twee keer water uit die swembad geskep en ek moes bontstaan om toe te sien dat bak nie die kante van die swembad beskadig nie." Gewese Brandweerhoof, Riaan Jacobs sê die "bakke" waarmee die helikopters water skep, word "bambi buckets" genoem en skep sowat 1,000 ltr water per slag. Die brandbestrydings-vliegtuig stort sowat 2,000 ltr water per slag grond toe. Nuuskierige motoriste het die pad soos 'n miernes laat lyk en verkeersmanne moes bontstaan om te sorg dat orde gehandhaaf word.
Die brand wat op Kersdag in die berge vermoedelik deur weerlig naby Diepgat ontstaan het, is dieselfde dag geblus, maar het vroeg Saterdagoggend weer opgevlam. Dit is deur 'n sterk noordwestewind van sowat 40 km/h na Vogelgatkop en Maanskynkop in die rigting van Stanford aangeblaas. Volgens Fanie Krige, woordvoerder van Overstrand Munisipaliteit, is sowat 20,000 ha veld en fynbos langs die Kleinrivier tussen Hermanus en Stanford afgebrand. Onder andere het Rex Laver (72) van Somnerset-Wes se vakansiehuis en woonwa by die Hermanus-seiljagklub uitgebrand, asook 'n houthut wat beskadig is en vier woonwaens en drie motorbote wat uitgebrand het. Kragdrade is ook afgebrand wat Gansbaai en omgewing Saterdag, 29 Desember 2012 tot baie vroeg Sondagoggend sonder krag gelaat het. Gedeeltes was ook sonder watertoevoer en Gansbaai munisipaliteit het water-vragmotors vir noodgevalle beskikbaar gestel.
Die nuutste inligting oor die Kleinrivierberg-brand is gister, 2 Januarie 2013 deur Fanie Krige bekendgemaak: "'n Ernstige opvlamming van die Kleinrivierberg-brand, wat reeds op 24 Desember ontstaan het, het gistermiddag (1 Januarie) weer op die westelike front van die brand in die berg bokant Voëlklip voorgekom.

Helikopters is gebruik om die vuurlyn vanuit die lug met water te beveg en teen 20:00 was die brand weer onder beheer. 'n Helikopter word steeds op bystand gehou vandag, terwyl 3 handspanne, 'n brandweerwa en ander voertuie die vuurlyne en gevaargebiede regdeur die gebied vandag sal moniteer. Die opvlammings word hoofsaaklik veroorsaak deur ondergrondse wortels van die fynbos wat in die veemagtige grond smeul en nie maklik opgemerk word nie. Reën word vir more voorspel en dit sal hopelik help om die vuur finaal uit te sit."                                        
Hardus Botha

Brand laat skrik

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles