Brand laat skrik

Brand laat skrik

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die skielike brand langs die R43 tussen die Kleinbaai- en Franskraalafritte op Oujaarsdag is vinnig en effektief onder beheer gebring. Die brand het inwoners groot laat skrik, veral naby Stepat-Garten en Masakhane. Overstrand Brandweer is deur twee helikopters en 'n brandbestrydingsvliegtuig bygestaan.

Philip Schreck van BARC, wat in Stepat-Garten se woonhuis woon, het gesien hoe die vlamme oor die bult aankom, direk nadat die brand ontstaan het. Hy het die brandweer gekontak, wat binne enkele minute op die toneel was, asook die verkeersafdeling, polisie en Overstrand Medical Response. "Die brand is sowat 200 meter van my woning af gestop, waarna dit omgeswaai het in die rigting van Masakhane," vertel Philip. "Een van die helikopters het twee keer water uit die swembad geskep en ek moes bontstaan om toe te sien dat bak nie die kante van die swembad beskadig nie." Gewese Brandweerhoof, Riaan Jacobs sê die "bakke" waarmee die helikopters water skep, word "bambi buckets" genoem en skep sowat 1,000 ltr water per slag. Die brandbestrydings-vliegtuig stort sowat 2,000 ltr water per slag grond toe. Nuuskierige motoriste het die pad soos 'n miernes laat lyk en verkeersmanne moes bontstaan om te sorg dat orde gehandhaaf word.
Die brand wat op Kersdag in die berge vermoedelik deur weerlig naby Diepgat ontstaan het, is dieselfde dag geblus, maar het vroeg Saterdagoggend weer opgevlam. Dit is deur 'n sterk noordwestewind van sowat 40 km/h na Vogelgatkop en Maanskynkop in die rigting van Stanford aangeblaas. Volgens Fanie Krige, woordvoerder van Overstrand Munisipaliteit, is sowat 20,000 ha veld en fynbos langs die Kleinrivier tussen Hermanus en Stanford afgebrand. Onder andere het Rex Laver (72) van Somnerset-Wes se vakansiehuis en woonwa by die Hermanus-seiljagklub uitgebrand, asook 'n houthut wat beskadig is en vier woonwaens en drie motorbote wat uitgebrand het. Kragdrade is ook afgebrand wat Gansbaai en omgewing Saterdag, 29 Desember 2012 tot baie vroeg Sondagoggend sonder krag gelaat het. Gedeeltes was ook sonder watertoevoer en Gansbaai munisipaliteit het water-vragmotors vir noodgevalle beskikbaar gestel.
Die nuutste inligting oor die Kleinrivierberg-brand is gister, 2 Januarie 2013 deur Fanie Krige bekendgemaak: "'n Ernstige opvlamming van die Kleinrivierberg-brand, wat reeds op 24 Desember ontstaan het, het gistermiddag (1 Januarie) weer op die westelike front van die brand in die berg bokant Voëlklip voorgekom.

Helikopters is gebruik om die vuurlyn vanuit die lug met water te beveg en teen 20:00 was die brand weer onder beheer. 'n Helikopter word steeds op bystand gehou vandag, terwyl 3 handspanne, 'n brandweerwa en ander voertuie die vuurlyne en gevaargebiede regdeur die gebied vandag sal moniteer. Die opvlammings word hoofsaaklik veroorsaak deur ondergrondse wortels van die fynbos wat in die veemagtige grond smeul en nie maklik opgemerk word nie. Reën word vir more voorspel en dit sal hopelik help om die vuur finaal uit te sit."                                        
Hardus Botha

Brand laat skrik

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles