ACADEMIA 2012 MATRIEKS SKITTER

ACADEMIA 2012 MATRIEKS SKITTER

Gansbaai Courant

“Ek dink Gansbaai Academia het ‘n ‘statement’ gemaak met die  bekendmaking van die matriekuitslae,” het Tommy Wilson versigtig beskeie gesê. Hy het verder bygevoeg : “Ek dink ‘n 92.15 % slaagsyfer vir ons eerste matrieks was nie te sleg nie.  Hierdie was ‘n poging van toegewyde personeel, beheerliggaam en leerders.

Nooit sal ons veral hulle vergeet wat die skool bygestaan het ten spyte van soms negatiewe uitsprake. Ek dink onmiddellik aan die vertroue wat mense soos onderburgemeester, Pieter Scholtz en sy vrou, Ans, Kat Myburgh, die Gansbaai Jeug-aksie met manne soos dr Boet Schoeman, Jaap Mostert en andere in ons skool het. Uitstekende motiveerders wat met die matrieks kom gesels het soos Steven Moolman, Hoof van Marsh  Memorial in Rondebosch, Greame de Bruyn, ds Deon Kloppers, Deon Rabe en sy vrou, Fanie Bothma, dr Gillian Arendse van iThemba Labs en vele ander het ook groot bydraes gelewer. Die hulp van die Overberg distrikkantoor was ook waardevol.

Daar is voorheen genoem dat Gansbaai Academia ‘n besondere skool is en die invloed van die skool op Gansbaai en omgewing en die res van Suid-Afrika,  nie onderskat moet word nie.  Ons is verskriklik  dankbaar vir ouers wat bly glo het in ons skool. Ons glo ons kinders is eenders in hulle andersheid.  As ‘n nie-skoolfooieskool, bereik ons diesefde oogmerke van skole met skoolfondse, en skryf dieselfde eksamens.

Daar is egter groot uitdagings hierdie jaar. Ons sal graag die baccalaureus-graadvakke se leerlingtalle in 2013 wil laat styg en daarom word Geografie en Besigheidstudies ook tot die Gr 12 kurrikulum toegevoeg.
Hierdie twee vakke, wat altwee universiteitstoelatingsvakke is, sal leerders ‘n uitstekende kans tot universiteitstoelating bied.”

Alle oë was in 2012 op Donderdag 3 Januarie 2013 gerig. Die matrieks het met ‘n slaagsyfer van 92,15% alle verwagtinge oortref en 47 van die 51 kandidate het die Nasionale Senior Sertifikaat Eksamen geslaag.

Volgens die Overbergdistrikskantoor  in Caledon, is dit van  die beste uitslae wat ‘n nuwe skool met eerste matrikulante nog ooit in die distrik behaal het.
In vergeleke met bestaande skole in die distrik het Academia besonder goed gevaar en ‘n hoër slaagsyfer as meeste van die ander skole behaal. Mnr John Philander (kringbestuurder) en me Wendy Colyn, was vol lof en het genoem dat Academia vinnig oppad is om ‘n skool van uitnemendheid te word.

Dit is ‘n besonderse prestasie inaggenome dat die skool vanaf die staanspoor ‘n multikulturele skool is en nie in ‘n voorheen bevoordeelde omgewing was nie. Dit bewys ook dat skole in die platteland kan kompeteer met skole in stedelike gebiede. Baie van die leerders in die skool kom uit huise met groot armoede en het nie die toegang tot hulpmiddele soos by ander skole in die distrik nie. Academia wil ook van die geleentheid gebruik maak om alle donateurs soos Gansbaai Marine, wat jaarliks finansiële skenkings aan die skool maak en so help met kwaliteit onderrig, ook die NG Kerk wat om barmhartigheidsrede bydraes tot leerders gemaak het deur skenking van skooluniforms. Booteienaars wat op gereelde wyse bootritte borg en ander wat sportklere borg soos mnr Msopi,  Morné van der Berg, Taurus  Chemicals. Ons het ook groot waardering vir Morkel en De Wet van Niekerk van Superspar, Chris en Petra van OK Foods Gansbaai, Gansbaai Courant en ander lede en besighede van die gemeenskap se bydrae. Die hart van enige dorp lê in sy skool, daarom is dit belangrik dat die dorp se kinders plaaslik skoolgaan.  Wat die vestiging van ‘n goeie hoërskool hier nog meer beduidend maak is dat dit gesorg het dat baie leerders in die sisteem gebly het. As dit nie was dat Academia hier as ‘n nie-skoolfooi hoërskool gevestig is nie, sou baie leerders na Gr 7 nie verder studeer het nie, omdat baie ouers dit net nie sou kon bekostig om hulle elders verder te laat leer nie.

Met mnr Wilson aan die stuur is daar baie hard gewerk en die uitslae bied ‘n groot uitdaging vir 2013 se matrikulante wat sal moet uithaal en wys. Vir ‘n paar onderwysers was dit ook die eerste keer dat hulle matrikulante onderrig het en dit opsigself is ‘n prestasie.

Mnr Wessel Havenga, wat die skool se eerste hoof was en die leisels aan mnr Wilson in Julie 2010 oorgegee het, was oorstelp van vreugde en het net gesê: “Ek kan dit nie glo nie, dit is puik en het my stoutste verwagtinge oortref.”

Michelle le Roux, 'n baie trotse skoolhoof, mnr Wilson en Michelle Hayes

Die top kandidaat is Michelle le Roux met onderskeidings in Afrikaans, Gasvryheidstudies en Toerisme. Tweede plek is Michelle Hayes. Onderskeidings is ook behaal deur Sarel Naude in Wiskunde Geletterdheid, Sive Bolani, Bea Fourie, Asiphe Mqwayi en Jason van Rooyen, elk in Lewensoriëntering.

Die volgende vakke spog met ‘n 100% slaagsyfer: Afrikaans, Engels, isiXhosa, Lewensoriëntering, Wiskundige Geletterd-heid, Toerisme en Gasvryheid. Die gevreesde Wiskunde spog met ‘n slaagsyfer van 66% en Rekenaartoegepaste Tegnologie met 87%.   
                                                
Francois de Jongh

ACADEMIA 2012 MATRIEKS SKITTER

Xplorio

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles