Rob vang haai

Rob vang haai

Gansbaai Courant

"Ek kon my oë nie glo toe ek agterkom waarmee die rob besig is om te speel nie," vertel Gerhard Kotze van De Kelders. "Ek is gewoond daaraan om 'n rob met 'n seekat te sien speel, maar nie met 'n haai nie."

'n Onduidelike foto van ver af, maar dit is duidelik dat dit wel 'n rob is wat 'n haai gevang het. 

Foto: DICT (Dyer Island Conservation Trust)

Diè spesifieke dag het Gerhard die vin van die "vis" gesien en besef dat dit 'n haaifin is, aangesien geen ander vis so 'n vin het nie. "Die haai was so tussen 1 en 1½ meter lank, maar minstens so lank as die rob. Gerhard het Gansbaai se kundige op hierdie gebied, Wilfred Chivell geskakel. Wilfred het bevestig dat dit waarskynlik 'n Bronze whaler is wat deur die rob gevang is. Die Bronze whaler, Carcharhinus brachyurus van die familie Carchahinidae, staan ook as die koperhaai of ratelhaai bekend en kan selfs langer as 3 meter word. Dus was die rob se "middagete" waar-skynlik 'n jong koper-haai. Op navraag het Wilfred genoem dat dít wat Gerhard ge-sien het, wel 'n rare verskynsel is, maar net in die sin dat dit nie iets is wat gereeld gesien word nie. "Robbe staan wel daarvoor bekend dat hulle jong koper-haaie, pajamahaaie en vaalhaaie vang om te eet, en ek was ook bevoorreg om dit op 'n keer te kon aanskou," het Wilfred gesê. Gerhard vertel ook van 'n groot walvis wat onlangs in die teenoorgestelde rigting as die walvisse wat na Antartika terugkeer, verby De Kelders geswem het. Ook hiervoor het Wilfred 'n antwoord gehad. "Dit is moontlik dat die walviskoei se kalf dood is en dat sy nie daarsonder wou terugkeer nie," vertel Wilfred. "Jare gelede het ek baie oor walvisse opgelees en onder andere gelees dat 'n walviskoei nooit haar kalf sal verlaat nie, ondanks gevaar waarin sy moontlik self kan verkeer. Vroeër jare se walvisjagters het geskryf het dat hulle 'n groep walvisse in 'n baai sou vaskeer en dan dadelik die kalwers met harpoene sou skiet. Hoe wreed dit ookal nou mag klink, die walviskoeie was dan tot hul beskikking om te skiet, aangesien hulle nie hul dooie kalwers verlaat het nie. Dit moet onthou word dat 'n walvis, net soos die mens, 'n 'soogdier' is en daarom nie hul kalwers in die steek sal laat nie." Vir enige navrae, of die aanmelding van enige see-rarighede, kan Dyer Island Conservation Trust (DICT) by 082-907-5607 geskakel word, of stuur 'n epos aan info@dict.org.za. DICT se webtuiste is www.dict.org.za.
Hardus Botha

Rob vang haai

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles