Rob vang haai

Rob vang haai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

"Ek kon my oë nie glo toe ek agterkom waarmee die rob besig is om te speel nie," vertel Gerhard Kotze van De Kelders. "Ek is gewoond daaraan om 'n rob met 'n seekat te sien speel, maar nie met 'n haai nie."

'n Onduidelike foto van ver af, maar dit is duidelik dat dit wel 'n rob is wat 'n haai gevang het. 

Foto: DICT (Dyer Island Conservation Trust)

Diè spesifieke dag het Gerhard die vin van die "vis" gesien en besef dat dit 'n haaifin is, aangesien geen ander vis so 'n vin het nie. "Die haai was so tussen 1 en 1½ meter lank, maar minstens so lank as die rob. Gerhard het Gansbaai se kundige op hierdie gebied, Wilfred Chivell geskakel. Wilfred het bevestig dat dit waarskynlik 'n Bronze whaler is wat deur die rob gevang is. Die Bronze whaler, Carcharhinus brachyurus van die familie Carchahinidae, staan ook as die koperhaai of ratelhaai bekend en kan selfs langer as 3 meter word. Dus was die rob se "middagete" waar-skynlik 'n jong koper-haai. Op navraag het Wilfred genoem dat dít wat Gerhard ge-sien het, wel 'n rare verskynsel is, maar net in die sin dat dit nie iets is wat gereeld gesien word nie. "Robbe staan wel daarvoor bekend dat hulle jong koper-haaie, pajamahaaie en vaalhaaie vang om te eet, en ek was ook bevoorreg om dit op 'n keer te kon aanskou," het Wilfred gesê. Gerhard vertel ook van 'n groot walvis wat onlangs in die teenoorgestelde rigting as die walvisse wat na Antartika terugkeer, verby De Kelders geswem het. Ook hiervoor het Wilfred 'n antwoord gehad. "Dit is moontlik dat die walviskoei se kalf dood is en dat sy nie daarsonder wou terugkeer nie," vertel Wilfred. "Jare gelede het ek baie oor walvisse opgelees en onder andere gelees dat 'n walviskoei nooit haar kalf sal verlaat nie, ondanks gevaar waarin sy moontlik self kan verkeer. Vroeër jare se walvisjagters het geskryf het dat hulle 'n groep walvisse in 'n baai sou vaskeer en dan dadelik die kalwers met harpoene sou skiet. Hoe wreed dit ookal nou mag klink, die walviskoeie was dan tot hul beskikking om te skiet, aangesien hulle nie hul dooie kalwers verlaat het nie. Dit moet onthou word dat 'n walvis, net soos die mens, 'n 'soogdier' is en daarom nie hul kalwers in die steek sal laat nie." Vir enige navrae, of die aanmelding van enige see-rarighede, kan Dyer Island Conservation Trust (DICT) by 082-907-5607 geskakel word, of stuur 'n epos aan info@dict.org.za. DICT se webtuiste is www.dict.org.za.
Hardus Botha

Rob vang haai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles