Krokodil op Uilkraalstrand

Krokodil op Uilkraalstrand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

'n Krokodil op Uilkraalstrand het die koppe van vakansiegangers behoorlik aan die draai gehad. Gelukkig was krokodil-se-kind met seesand geskep.

Die "beeldhouer" was Ernst Nieuwoudt van Parow in die Kaap. Hy het die volledige krokodil met presiesheid, van sy sterpunt tot by die punt van sy bek, op die wal van die lagoon "uitgekerf".

'n Klein dogtertjie het verbygestap en doodluiters gesê: "You must be a crocodile artist!"

Elcine Hulme van Franskraal het Gansbaai Courant van die "beeldende kunste" op die strand verwittig. Dit was egter nie lank nie of die harde werk is stukkie vir stukkie afgekalwe en die krokodil het in die niet verdwyn voordat Natuurbewaringsbeamptes op die toneel verskyn het. Kort voor die skep van die krokodil, het Ernst 'n yslike manskop teen die hange van die strand uitgekerf. Die stuk beeldhouwerk het net so realisties soos die krokodil gelyk, nogal met die grasgedeelte op die wal wat perfek soos sy hare vertoon het.

Ernst is 'n grafiese ontwerper en hy sê dit wat hy op die strand doen is vir hom uit-en-uit ontspanning. Sy eggenote, Elna en die egpaar se kinders, Jens en Melissa, het hom maar net met skuddende koppe dopgehou. Op die twee meegaande foto's sit Ernst Nieuwoudt by sy twee beeldhouwerke wat hy met Uilkraalstrand se sand geskep het.
Hardus Botha

Krokodil op Uilkraalstrand

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Got a Love for Words? Come Join Gansveer in Gansbaai!

Writers, poets, storytellers and word lovers, this invitation is for you!

Gansveer Poetry Group
Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Senior Chihuahua Jack Needs a Loving Retirement Home

Jack is a 9-year-old Chihuahua who has lost his elderly dad and is struggling to cope...

Fostering Animals
Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Fish Fever Celebrates 30 Years in Gansbaai

Last Saturday was a very special day for one of Gansbaai’s best-known local businesses. 

Fish Fever
Anger Is Not Your Identity

Anger Is Not Your Identity

You were never supposed to become the anger.

See All Articles