Gansbaai / Bredasdorp Teerpad 'n werklikheid

Gansbaai / Bredasdorp Teerpad 'n werklikheid

Gansbaai Courant

Die bou van die teerpad tussen Gansbaai en Bredasdorp (via Baardskeerdersbos en Elim) het al vir minstens die afgelope vyf jaar groot opgewondenheid in die gemeenskap aangewakker.  Die voordele wat die projek vir padgebruikers, die toerisme- en landbousektor, asook ander geaffekteerdes inhou, is legio.  Die ongerief wat oor ‘n tydperk van minder as drie jaar gedurende die konstruksiefase ondervind sal word, word dus as gering geag gemeet teenoor die potensiaal wat vir die toekoms van die area ontsluit sal word.

Gedurende 2012 is die nuus gebreek dat die Premier van die Wes-Kaap, Me Helen Zille in haar begrotingstoespraak aangekondig het dat daar in die meerjarige begroting van die Provinsiale Regering voorsiening gemaak is vir die bou van die oorblywende ongeteerde gedeelte (±18 km) van die roete.  Tenders is deur die Departement van Vervoer aangevra en almal was baie verheug toe daar berig is dat die departement daarin kon slaag om ‘n tender (binne die begrote bedrag) toe te ken aan dieselfde kontrakteur (Mnre. Haw & Inglis) wat by vorige fases van die projek betrokke was.  Verder is daar ook daarin geslaag om die Raadgewende Ingenieurs, Hawkins, Hawkins & Osbourne (HHO) aan te stel om die padontwerp en bestuur van die projek te behartig.  Voormelde firmas het reeds ‘n gesonde verhouding met die plaaslike gemeenskap opgebou en die kontinuïteit wat bewerkstellig is, sal beslis die uitvoering van die projek vergemaklik.
Die konsultante het reeds hul eerste ontmoeting met moontlike geaffekteerdes bewerkstellig en die onlangse geleentheid waarna lede van die Strandveld Boerevereniging en die Baardskeerdersbos Huiseienaarsvereniging uitgenooi was, was goed bygewoon.  Die konsultante is tans besig om probleemareas wat reeds uitgewys is, te ondersoek sodat moontlike oplossings in hul beplanning ingebou kan word.  Die konstruksiefase gaan talle uitdagings bied aan normale verkeer soos byvoorbeeld melktrokke, die skoolbus, persone wat reeds akkommodasie en huweliksbyeenkomste langs die roete bespreek het en ander gereelde padgebruikers.  Sorgvuldige beplanning word gedoen om ongerief in hierdie verband tot die minimum te beperk.

Ander formaliteite soos die wettiging van die ontginning van gruisgroewe langs die roete is reeds in proses en ook in hierdie verband word alles moontlik gedoen om soveel as moontlik groewe te benut sodat materiaal nie onnodig oor lang afstande vervoer hoef te word nie.

Fisiese konstruksie gaan waarskynlik op 1 Maart 2013 in aanvang neem en sal na verwagting vir ongeveer 30 maande duur.  Alle geaffekteerdes word vriendelik versoek om volle samewerking te gee aan die kontrakteur en konsultante om hierdie langverwagte droom ‘n werklikheid en waardevolle nalatenskap vir die Gansbaai area te maak.  Die vertroue word uitgespreek dat hierdie projek aan alle verwagtinge sal voldoen en talle positiewe gevolge vir die gebied sal inhou.
Die gemeenskap van Gansbaai en omgewing wil graag die Provinsiale Regering (Wes-Kaap) hartlik bedank vir aflewering op ondernemings en beloftes wat voorheen gemaak is – dit word opreg waardeer dat die potensiaal van hierdie deel van die provinsie raakgesien en verder ontgin word.

Gansbaai / Bredasdorp Teerpad 'n werklikheid

Xplorio

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles