Blog

VGK Diens 30 Januarie 2022

VGK Diens 30 Januarie 2022

NG Kerk Gansbaai

VGK Diens 30 Januarie 2022

Sondag 30 Januarie 2022 is die eerste gesamentlike erediens tussen die NG Kerk Gansbaai en die VG Kerk Blompark sedert 2019 gehou. Die diens is gelei deur Ds Dirk Van Dyk en gehou by VGK. Dit was n baie besonderse geleentheid. Skriflesing was uit Sefanja 3. Die tema wat bespreek is: Die rol van die kerk in die samelewing met subtema: Die eenheid van die gelowiges in diens van getuienis.

 
Ds Dirk van Dyk verskaf agtergrond tot die totstandkoming van die gesamentlike dienste:

Die diens wat plaasgevind het by VGK is deel van die twee gesamentlike dienste per jaar. Hoekom die reëling?  Die onderskeie Kerkrade glo dat dit die eenheid tussen die twee gemeentes bevorder met die oog op die getuienis teenoor die wêreld. Reeds sover terug as 2002 het die Algemene Sinode herbevestig dat hy dit as sy Skriftuurlike opdrag aanvaar dat die wesenlike eenheid van die NGKerk familie sigbaar en werksaam gemaak moet word en dat hy die strukturering van die eenheid van die NG Kerk familie as wesenlike deel van die proses sien. Die groter strukturele uitdrukking van die eenheid van die NG Kerk familie is noodsaaklik met die oog op heling, gesamentlike getuienis en effektiewe diens. 

Die Algemene Sinode van die VGK het in 1994 reeds verklaar dat dit vir hom die eerste stap is om die eenheid van die hele NGK familie te bewerkstellig en hy met toewyding sal bid en dringend en verlangend sal werk vir die dag wanneer ons almal verenig die lof van die Here sal verkondig.

Die twee Kerkrade het reeds in 2003 besluit om hulle te beywer vir kerkeenheid met die oog op uiteindelike kerkvereniging. Sekere praktiese reëlings is intussen in plek gestel om die eenheid tussen die twee gemeentes te bevorder waarvan die gesamentlike erediens ‘n weselike deel is. Met groot seën kon dit die afgelope jare plaasvind. Mag die diens deur die Here gebruik word as getuienis van ons onderlinge liefde.

Image 1
Image 2
VGK Diens 30 Januarie 2022

NG Kerk Gansbaai

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles