Blog

BARC Fondsinsamelings Gholfdag

BARC Fondsinsamelings Gholfdag

Gansbaai Golf Club

BARC Fondsinsamelings Gholfdag

Blaffende ‘honde-dankies’!

Die jaarlikse BARC Fondsinsamelings Gholfdag op die gholfbane van Gansbaai Gholfklub op Saterdag, 5 November 2022, het weer eens vir groot opwinding en baie pryse vir die spelers gesorg - maar ook vir noodsaaklike fondse vir BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre).

Daniël van der Merwe & Francois van der Merwe was die wenners van die 2Ball American Scramble kompetisie met 65 net. (Sien berig: Gansbaai Gholfklub vir volledige inligting).

Bev Swart, Gholfklub Kaptein, het die deelnemers verwelkom en gemeld dat dit ‘n plesier is om hierdie jaarlikse gholfdag ten bate van BARC aan te bied. Bev het ook 4 baie spesiale items opgeveil - “...en die persoon wat nog dink hy vryf net sy neus - die bod sal net daar toegeslaan word!” het Bev gewaarsku. 

BARC se Trusteelede en Vrywilligers het hulle opregte dank en waardering aan Gansbaai Gholfklub se bestuur, en in die besonder Johan Pfister, uitgespreek vir die beskikbaarheid van die fasiliteite, asook hulle hulp en ondersteuning vir die spesiale dag ten bate van BARC. Die gholfklub se twee kroegmanne, Leon en Ian, is ook spesiaal bedank.

“’n Spesiale en groot dankie aan elke deelnemer, asook die baie borge en putjieborge wat dié dag met warm harte en oop beursies ondersteun het,” het Hardus Botha, ‘n Trusteelid van BARC, gesê. Hy het verskoning gemaak vir Annalie Jonker, BARC se Bestuurder, wat met vakansie is. Hardus het ook kortliks agtergrondgeskiedenis van BARC aan die spelers oorgedra, asook BARC se visie, missie en doelwitte. “Die jaarlikse BARC-Gholfdag se winste word uitsluitlik vir ‘n gratis sterilisasiedag ge-oormerk,” het hy gesê. Met die tong in die kies het hy bygevoeg dat die honde se ‘toejuigings’ só groot is asof elke speler ‘n ‘hole-in-one’ (kolhou) geslaan het. Nog twee Trusteelede, Vera Swart en Thèrése de Wet, asook twee getroue vrywilligers, Gina Esterhuisen (ook ‘n kranige gholfspeler) en Elsabe Schoombie het hard gewerk om ‘n suksesvolle gholfdag te kon aanbied. “Die 4 dames het saam met Annalie ‘n WhatsApp-groep gestig, met die naam van ‘Barc se Vyf’,” het Hardus afgesluit. “Ek sou graag die naam na ‘Barc se Groot Vyf’ (Big Five) wou wysig, met verwysing na hulle harde werk en onbaatsugtige liefde vir diere.”

(Foto’s: Vera Swart)

 
Hardus Botha (Gans-Berg Nuus)
BARC Fondsinsamelings Gholfdag

Hardus Botha (Gans-Berg Nuus)

Gansbaai Golf Club in Kleinbaai offers a beautiful 9-hole (18-tee) golf course in between indigenous fynbos and the ocean. The course has a links-style layout with stunning sea views from most fairways. The club has permanent spectators, including resident Cape Grysbokkies, Anguilla tortoises and Ki...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
See All Articles