53 Komberse Geskenk - Caledon FM
Wat ń voorreg om deel te wees van ń wonderlike Gansie-familie, wat pragtig gereageer het op die versoek vir komberse. Ons kon ongeveer 53 komberse skenk aan Caledon FM, wat deur ons skoolhoof, Mnr Jonathan Doyle en Leerlingraadslede vanmiddag om 1315 by die Caledon FM-bus afgelewer is. Ons glo en vertrou hierdie komberse gaan ander help teen die naderende winterkoue.
Dankie aan elke gesin wat gehelp het hiermee.











