Gansbaaiers se 67 Mandela-minute
Enkele organisasies en skole in Gansbaai het die Gans-Berg Nuus laat weet wat hulle vir hulle 67 Mandela-minute op 18 Julie 2023 (Mandeladag) gedoen het. Nelson Mandela het onder andere gesê: “What counts in life is not the mere fact arhedethat we have lived. It is what difference we have made to the lives of others that will determine the significance of the life we lead.” Nelson Mandela, voormalige Staatspresident van Suid-Afrika wat vir 27 jaar in gevangenisskap op Robben Eiland deurgebring het, is op 18 Julie 1918 gebore en sterf op 95-jarige ouderdom. Sy geboortedatum word wêreldwyd as ‘Mandeladag’ gevier.
Laerskool Gansbaai
Leerders het nie-bederfbare blikkieskos vir twee van ons Tehuise vir Bejaardes ingesamel. By Oak Grove Nasorgsentrum het Suzanne Hans die skenkings in ontvangs geneem en by Herberg aan See Tehuis vir Bejaardes Neolene Kleyn.
Masakhane Primary School
Die skoolhoof, Bulelwa Cweba en Adjunkhoof, McDonald Mciteka, het vir ‘n yslike groot Mandela-koek gesorg, met die leerders wat in die vierkant bymekaargekom. Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, het gereël dat van die leerders gepaste tekenprente vir die geleentheid maak.
Gansbaai Kliniek
Gansbaai Kliniek het vir ‘n baie praktiese (en welkome!) verrassing vir die pasiënte gesorg. Heerlike sop en brood is aan die eerste 67 pasiente verskaf, met lekkernye wat aan die kinders uitgedeel is.
Gansbaai Toerisme
Gansbaai Toerisme se personeel het enkele kleuterskole besoek waar lekkernye aan die leerders uitgedeel is.

Some of Nelson Mandela’s quotes:
*Education is the most powerful weapon you can use to change the world; *Remember that hope is a powerful weapon even when all else is lost; *Let’s recommit to working towards our common goal: A nation where all of us are winners, all of us have shelter, food and education; *It is in your hands, to make a better world for all who live in it; *A winner is a dreamer who never gives up; *Overcoming poverty is not a task of charity, it is an act of justice.











