
LSG-koor presteer uitstekend
-Goue Eisteddfod-diploma-
Laerskool Gansbaai (LSG) se koor spog alreeds met baie prestasies. Nou is Eisteddfod se kompetisie weer eens by hulle lys van prestasies gevoeg - ‘n pragtige en welverdiende Goue Diploma (86%) wat hulle by die Overbergse Koor Eisteddfod verwerf het (verlede jaar is hulle met Silwer beloon). Baie geluk aan hierdie leerders!
Die beoordelaars het hulle tevredenheid oor die koor duidelik uitgespreek. Hulle was vol lof en komplimente oor die koor se optrede, voorkoms en dissipline. “Dit maak ons skool trots,” het een van die organiseerders gesê.
Asanti Smit en Carla du Toit is opreg bedank vir hulle harde werk en baie tyd wat hulle aan die koor afstaan, wat ook tot die bevordering van LSG se kultuur-aktiwiteite bydra. Die leerders en hulle ouers is ook bedank vir die gereelde opofferings wat gemaak word om die kooroefeninge en optredes by te woon.
(Foto’s verskaf)











