Blog

Laaste Erewag vir Jonathan Doyle

Laaste Erewag vir Jonathan Doyle

Gans-Berg Nuus / News

Laaste Erewag vir Jonathan Doyle

-Laerskool Gansbaai-

Vrydag, 11 Augustus 2023 is finaal afskeid geneem van Laerskool Gansbaai (LSG) se skoolhoof, Jonathan Doyle en sy eggenote, Melissa (onderwyser). Die egpaar is vir onderwysposte aan die Newton International School in Qatar gekeur, waar hulle voortaan gaan werk.

Die hoofleiers het met die lands- en skoolvlae by die saal ingestap gekom, terwyl die leerders die Volkslied uit volle bors gesing het. Tydens die verloop van die verrigtinge het LSG se welbekende koor, onder leiding van Carla du Toit (afrigter) en Asanti Smit (begeleier), gewys waarom hulle goud tydens die onlangse Overbergse Koor Eisteddfod verwerf het - hulle het deurlopend vir uitstekende koorsang vir die afskeidsgeleentheid gesorg, onder andere ‘Sweef soos ‘n Arend’ - met die talentvolle Jan-Dawid du Plessis en sy kitaar wat saamgespeel het. Vir hulle prestasie tydens die Eisteddfod kon die koorlede gewone klere vir die dag aantrek.

Enkele onderwysers het afskeidsboodskappe aan die Doyle-egpaar gebring, waarna Jonathan die leerders toegespreek het. “Ek het gesien hoe julle groei....leef voluit en geniet elke dag,” het hy onder andere gesê. “Dankie dat ek deel kon wees van julle lewensreise en onthou: Eenmaal ‘n Gansie, altyd ‘n Gansie!” Die koor en leerders het ‘Veels geluk liewe...’ vir Jonathan gesing wat op 31 Augustus 2023 verjaar.

Annette Wessels het gedeeltes uit ‘Jou Legacy’ van Tania Smit se boek, ‘Heelword’, voorgelees - “Weet jy wat is een ding waarvoor jy die graagste onthou wil word? Daardie essence van jou wat vir altyd deel sal word van jou asem vir almal wat agterbly? Dit waarvoor jy staan? So wees profound, eerlik, dapper. Jou hierwees. Jou mirre. Jou agterbly. En strooi dit mildelik oor jou journey....”

Die Doyle-gesin het op 13 Augustus 2023 na Qatar gevlieg, waar Jonathan en Melissa by die Newton International School as onderwysers aangestel is. The State of Qatar is ‘n land in Wes-Asië. Hulle twee kinders, Michael (6) en Emily (3) is ook reeds as leerders by ‘n privaatskool ingeskryf. Die Gans-Berg Nuus wens hulle net die beste toe in hierdie groot besluit wat hulle geneem het.

 
Hardus Botha
Laaste Erewag vir Jonathan Doyle

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles