Blog

Bedrywige Mima Snyders se laaste groot projek

Bedrywige Mima Snyders se laaste groot projek

Gans-Berg Nuus / News

Bedrywige Mima Snyders se laaste groot projek

Die nuus oor Mima Snyders van De Kelders se afsterwe is as ‘n groot skok deur NG-lidmate, asook die gemeenskap, ontvang. Sy het Dinsdagaand, 8 Augustus 2023 ‘n hartaanval gekry. Sy is inderhaas na Hermanus Medi-Kliniek geneem en vandaar na die Busamed Hospitaal in Somerset-Wes. Die skade was te groot en Mima is vroeg op Woensdagoggend, 9 Augustus 2023 (Vrouedag), in die teater op die operasietafel oorlede.

Veral in NG-kerklike kringe het Mima as ‘n uiters bedrywige lidmaat, ouderling en streeksleier bekendgestaan. Haar laaste groot projek was ‘n prestige Vrouedag wat sy vir Woensdag, 9 Augustus 2023 gereël het. Dit was haar droom dat sy en haar span ‘n groot sukses van die dag sou maak. Baie se senuwees het al opgeraak soos wat sy op haar eiesoortige wyse aan al wat leef en beef kaartjies probeer verkoop het. “Mense, julle moet kaartjies koop en die dag kom geniet,” het sy wyd en syd verkondig. 

Uiteindelik het die groot dag op Dinsdag, 8 Augustus 2023 aangebreek - die saal en tafels is versier, die eetgoed is voorberei en alle reëlings is deur Mima en haar span gefinaliseer. Die gaskunstenaars was die twee befaamde sangers, Danie Niehaus en Germand Geldenhuys. Mens kan sê ‘die tafel was gedek’ vir ‘n heerlike en gesellige Vrouedag-oggend. (Gans-Berg Nuus, 18 Augustus 2023). ‘n Skrale 2½ uur voordat die funksie op Vrouedag om 10:00 sou begin, is Mima oorlede - sonder dat sy die sukses op haar harde werk self kon ervaar. Haar span wat haar ondersteun het, het hulle trane ‘afgesluk’ en voortgegaan met wat gedoen moes word. “Soos almal van ons vir Mima geken het, sou haar wens gewees het dat ons voortgaan en die funksie terdeë geniet, hoe moeilik dit ookal vir ons mag wees,” het ds Hanri Joubert in sy verwelkomings-boodskap gesê - en dit is presies wat die gaste gedoen het. Mima se laaste groot projek is terdeë geniet.

Mima is op 5 Oktober 1945 gebore en het in Mellville, Johannesburg grootgeword. Gedurende haar beroepsloopbaan was Mima onder andere by die koerant, Die Republikein in Windhoek, Namibië betrokke. Daarna het sy Media vir Christus van Namibië in Kaapstad vir hulle behartig. “My ma was ook wyle Jan Spies se sekretaresse en later boervrou, maar verder was sy net ‘n mamma vir ons,” vertel haar dogter, Estelle Janson.

Op 2 Oktober 1962, bykans 61 jaar gelede, lui die huweliksklokkies vir Mima en Paul Snyders in Kaapstad. Estelle sê die twee het mekaar by die destydse KJV ontmoet en vertel met die tong-in-die-kies KJV staan vir ‘Kry jou Vrou’ hier - en dit is toe presies wat met hulle ontmoeting gebeur het. Vier kinders, drie seuns en ‘n dogter, is uit die huwelik gebore: Francois, getroud met Amanda; Raimund, getroud met Retha; Gerhard, getroud met Helaine; Estelle, getroud met Morné Janson. Die drie seuns en hul gesinne woon in Namibië, met Estelle en Morné wat in die Paarl woon. Tussen die 4 kinders was Mima die trotse ouma en grootjie van 10 kleinkinders, 2 agterkleinkinders en 3½ agter-agter kleinkinders.

Paul, gebore op 8 September 1940, was ‘n Landmetertekenaar by Transnet. Na sy aftrede het die egpaar ‘n plaas naby Bonnievale gekoop en met ‘n boerdery begin. Ongelukkig moes altwee van hulle ‘n hartomleiding ontvang. Mettertyd het hulle besluit om die plaas as gevolg van hulle gesondheid te verkoop en finaal af te tree. Hulle het sowat 20 jaar gelede na De Kelders verhuis.

Ds Willie Kotze en ds Hanri Joubert van die NG-gemeente Gansbaai het die Herdenkingsdiens op Donderdag, 17 Augustus 2023 gesamentlik hanteer. Huldeblyk en bedankings deur Raimund Snyders en familielede.

 
Hardus Botha
Bedrywige Mima Snyders se laaste groot projek

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles