Blog

Oupa Dirk van Dyk doop sy ‘Duitse’-kleindogter

Oupa Dirk van Dyk doop sy ‘Duitse’-kleindogter

Gans-Berg Nuus / News

Oupa Dirk van Dyk doop sy ‘Duitse’-kleindogter

“So erg is dit darem nou ook nie,” sou emeritus predikant, ds Dirk van Dyk se tipiese opmerking oor ‘n ‘Duitse’ kleindogter gewees het. Die waarheid is dat sy kleindogter, Mira Smit (2), wat deur haar trotse oupa Dirk gedoop is, se ouers, Christian en Inge Smit in München, Duitsland woon en werk. Hulle het onlangs na Gansbaai gekom vir ‘n heerlike lang vakansie by Inge se ouers, Dirk en Marina van Dyk in Franskraal. Christian is ‘n neoformatikus in Munchen en Inge ‘n grafiese kunstenaar. Tydens die 50-jarige feesvieringe van die VGK-gebou ‘n tyd gelede, het Inge, vanuit München, die uitleg van die spesiale 50-jarige Feesblad gedoen.

Dirk dien as predikant van die VGK-gemeente in Blompark en Christian en Inge het die doopseremonie teruggehou vir hulle kuier in Gansbaai sodat Mira deur haar oupa gedoop kon word. Dit was ‘n besonderse doopdiens wat in kombinasie met die gebruik van die Heilige Nagmaal in ‘n volgepakte kerkgebou aangebied is. Dirk het die twee sakramente op ‘n unieke wyse saam hanteer in sy boodskap - Gedagtenis en Toekomsverwagting. Die Bybelgedeeltes was uit Lukas 22 en 1 Korintiers 15. Deur van beelde en illustrasies gebruik te maak, is ‘n verstaanbare en kosbare boodskap aan die gemeente oorgedra. Mira, die dopeling, het besluit niemand hou haar van haar oupa af weg nie. Sy het ‘n paar keer, tot groot vermaak van die gemeente, die preekstoel se trappe bestyg en oupa Dirk moes haar eenvoudig optel terwyl hy met sy boodskap voortgegaan het! 

Die groot oomblik in die diens was die doop van Mira. Die ouers en familie het voor langs die preekstoel stelling ingeneem, asook die doopouers se twee ander kinders, FC (8) en Amelie (6), en dit was vir elkeen van hulle ‘n spesiale oomblik. Dirk het Mira in sy arms gehou terwyl hy haar gedoop het - en sy was baie tevrede daarmee en het doodstil in haar oupa se arms gesit terwyl hy haar gedoop het. Na afloop van die diens is daar vir ‘n paar oomblike gesellig saamverkeer, met almal wat gelukwense oorgedra het.

Christian se ouers, Chris en Anette Smit, asook sy een broer, Wiehan Smit het spesiaal vanaf Bloemfontein gekom om die doopplegtigheid by te woon. Christian se ander broer, Rohan Smit, het vanaf Jeffreysbaai gery om by die familie aan te sluit. Jenny Steyn, Anette se suster, was ook teenwoordig. Later is die gesinne na die Great White House vir ‘n gesellige familie-ete. Christian is op 2 September 2023 terug na München, terwyl Inge nog ‘n rukkie langer by haar ouers kuier. “Ons verlang maar na die kinders en veral die kleingoed,” vertel Dirk. “Ons was in Oktober 2022 by hulle in Müchen en beplan om Desember vanjaar weer daarheen te gaan.”

 
Hardus Botha
Oupa Dirk van Dyk doop sy ‘Duitse’-kleindogter

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles