Blog

Suster Aleyda Brandt tree af - Huis Mattanja

Suster Aleyda Brandt tree af - Huis Mattanja

Gans-Berg Nuus / News

Suster Aleyda Brandt tree af - Huis Mattanja

“Na baie traumatiese ervarings gedurende die afgelope 8 jaar in Gansbaai om Huis Mattanja te begin en te bedryf voel ek dat ek my roeping hierheen volbring het,” het Aleyda Brandt, suster en bestuurder van Huis Mattanja aan die Gans-Berg Nuus gesê. "Ek en my seun, Tony, het met niks hier begin - ‘n leë dop, en die Tehuis opgebou na wat dit vandag is.” Sy sê sy het bereik wat sy beplan het en voel dit is nou die regte tyd om terug te keer na Kuilsrivier - “dit is waar ek vandaan kom en, al is dit met heimweë, voel ek opgewonde om weer by my vriende, kinders en kleinkinders aan te sluit.” Die persoon wat haar skoene voortaan sal moet volstaan, is Angela van der Merwe, met Tony wat as eienaar aanbly.

Tony, ‘n gevestigde besigheidsman, is die eienaar en het die nodige finansies voorsien en sy ma met raad en daad bygestaan. “Ek het niks van besigheid af geweet nie en het myself geleer vir wat gedoen moes word,” het Aleyda gesê. “Dit was Tony wat die leiding verskaf het.” Sy vertel dat hulle die Tehuis sowat 5 jaar gelede geopen het - met net een inwoner. Sy het dagdiens gewerk en Christelle Wiese nagdiens. Intussen het die inwonergetal na 17 gegroei. Baie moeite is gedoen om die Tehuis nie soos ‘n “Ouetehuis” te bedryf nie, maar soos ‘n “Leefhuis” - ‘n doel waarin sy deeglik geslaag het. Dit staan die inwoners vry om te doen wat hulle wil. Daar is ook ‘n afdak in die netjiese tuin agter die Tehuis gebou, met ‘n ‘round system’ vir rustige musiek binne en buite die gebou. Nicolette Bosch van Gansbaai Books is Aleyda se suster en het ook die afskeidsfunksie bygewoon. 

Aleyda het sowat 35 jaar in Kuilsrivier gewoon,waarheen sy op Saterdag, 2 September 2023 teruggekeer het. Aleyda het vir 27 jaar as Hoof Verpleegkundige by Stikland Hospitaal in Bellville gewerk en na haar aftrede in Kuilsrivier aangebly. “Nou sien ek uit na my ‘2de’ aftrede in Kuilsrivier,” het sy gesê. “Ek gaan beslis nie stilsit nie en daar is baie wat ek nog wil doen.” Behalwe dat sy aan vrywillige dienslewering aan instansies dink, wil sy graag weer vry wees om beskuit te bak, in haar tuin te werk en aandag aan haar kinders en kleinkinders te gee. Aleyda het 3 seuns en 2 kleindogters, onderskeidelik 7 en 17 jaar oud.

 
Hardus Botha
Suster Aleyda Brandt tree af - Huis Mattanja

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles